Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 3/1 bl. 32
  • Wie is in beheer?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie is in beheer?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 3/1 bl. 32

Wie is in beheer?

“WIE heers oor die wêreld?” Hoe sou jy antwoord as iemand jou daardie vraag moes vra? Die meeste godsdienstige mense sou dalk “God” of “Jesus” sê. ’n Artikel wat in The Freeport News, ’n Bahamiaanse koerant, verskyn het, het ’n antwoord gegee wat min mense sou verwag.

“Ek het ’n traktaat voor my deur gevind”, begin die skrywer van die artikel. “Gewoonlik ignoreer ek sulke kommunikasie, maar hierdie keer het ek besluit om dit te lees. Die opskrif het die vraag gevra: ‘Wie heers werklik oor die wêreld?’” Deur hierdie Bybelse traktaat te lees, het hierdie vrou geleer dat die heerser van hierdie wêreld nie God of Jesus is nie, maar Satan die Duiwel.—Johannes 12:31; 14:30; 16:11; 1 Johannes 5:19.

“Neem byvoorbeeld die tallose koelbloedige gruweldade”, verduidelik die traktaat. “Mense het al gaskamers, konsentrasiekampe, vlamwerpers, napalmbomme en ander grusame metodes gebruik om mekaar genadeloos te martel en uit te moor. . . . Watter magte dryf mense om sulke afskuwelike dade te pleeg of manipuleer hulle in situasies in waar hulle verplig voel om sulke gruweldade te pleeg? Het jy al ooit gewonder of daar ’n bose, onsigbare mag is wat mense beïnvloed om sulke dade van geweld te pleeg?” Verbaas dit ons dat die Bybel Satan “die god van hierdie stelsel van dinge” noem?—2 Korintiërs 4:4.

Gelukkig is die tyd op hande wanneer Satan en sy demone nie meer sal bestaan nie. “Die wêreld gaan verby en so ook sy begeerte, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig” (1 Johannes 2:17). Ja, die Bybel belowe dat diegene wat God se wil doen die hoop het om vir ewig in ’n regverdige nuwe wêreld te lewe (Psalm 37:9-11; 2 Petrus 3:13; Openbaring 21:3, 4). Wat ’n verligting sal dit tog wees wanneer die bose invloed van Satan en sy demone verwyder is!

Nadat sy die inhoud van hierdie traktaatjie opgesom het, het die skrywer van die artikel in The Freeport News afgesluit met die woorde: “Ek is werklik bly ek het daardie traktaat gelees . . . , want ek is ook bekommerd oor die toestand van die wêreld en wie in beheer is.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel