Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 1/15 bl. 32
  • Is hulle almal Goddelike openbaringe?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is hulle almal Goddelike openbaringe?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 1/15 bl. 32

Is hulle almal Goddelike openbaringe?

KON God se gees, wat die Heilige Bybel geïnspireer het, ook verantwoordelik gewees het vir ander boeke wat party mense as heilig beskou? (2 Timoteus 3:16). Hierdie vraag is geopper deur ’n Italiaanse Jesuïetetydskrif (La Civiltà Cattolica) wat “onder die toesig van die [Vatikaanse] Staatsekretariaat” gepubliseer word en derhalwe in Katolieke kringe as gesaghebbend beskou word.

“God het, deur middel van die werking van die Heilige Gees, die saadjies van die Woord selfs in party heilige boeke van nie-Joodse en nie-Christelike tradisie gestrooi”, het die Jesuïetetydskrif gesê. Vir die Jesuïete is “heilige” boeke, soos die Zoroastriese Avesta of die Confuciaanse Vier Boeke, “nie sonder die een of ander bepaalde invloed van die Heilige Gees [geskryf] nie, en derhalwe bevat hulle in sekere mate ’n ‘Goddelike openbaring’”.

Die artikel gee egter ’n verduideliking. “Nie alles wat in sulke heilige boeke staan, is die woord van God nie”, sê dit en voeg by dat diegene wat hierdie boeke geskryf het moontlik “beïnvloed is deur ’n politeïstiese omgewing of die filosofiese agtergrond” waarin hulle gelewe en gewerk het. Volgens Marco Politi, wat oor Vatikaanse sake vir die Italiaanse koerant La Repubblica berig lewer, maak hierdie standpunt “betrekkinge tussen die Katolieke Kerk en die groot historiese godsdienste moontlik wat voorheen hoogs onwaarskynlik was”, en dit is ’n terugkeer tot die gees van verskillende interkonfessionele gebedsvergaderinge, soos dié in Assisi in 1986 wat Johannes-Paulus II ywerig bevorder het.

Jehovah is nie ’n God van wanorde en verwarring nie (1 Korintiërs 14:33). Ons kan dus nie met juistheid net die gevolgtrekking maak dat sy heilige gees, oftewel werkende krag, selfs ’n deel van enige boeke sou inspireer wat nie in volle harmonie met sy Woord, die Bybel, is nie. Die Christenapostel Paulus het nie ekumeniese benaderings tussen verskillende “godsdienstradisies” aangemoedig nie, maar eerder geskryf dat daar “een hoop . . . , een Here, een geloof, een doop” is.—Efesiërs 4:4, 5.

Daardie “een hoop” draai om geloof in Jesus Christus. Die Bybel sê gepas: “Daar [is] geen redding in enigiemand anders nie, want daar is nie ’n ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is waardeur ons gered moet word nie” (Handelinge 4:12). Geen ander “heilige boek” beeld Jesus uit as die hooffiguur in die uitvoering van God se voornemens nie. Slegs as ons die Bybel as die Woord van God aanvaar, kan dit ons leer aangaande Jehovah God se liefdevolle voorsiening vir redding.—Johannes 17:3; 1 Tessalonisense 2:13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel