Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w96 12/1 bl. 32
  • Wie sal evangeliste wees?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie sal evangeliste wees?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
w96 12/1 bl. 32

Wie sal evangeliste wees?

BY ’N vergadering van die Wereldraad van Kerke, ongeveer 40 jaar gelede, is lede aangespoor om “ywerig met evangelisasiewerk te begin” en hulle kuddes te leer om “evangelisasiewerk te doen”. Vyf jaar later het John A. O’Brien, ’n Katolieke geestelike, geskryf oor hoe nodig dit is om nuwe dissipels te maak “deur na hulle toe te gaan” en nie deur bloot “in ons huise to sit nie”. En in Januarie 1994 het pous Johannes-Paulus II gese dat dit “nie die tyd is om ons vir die Evangelie te skaam nie, maar dat dit tyd is om dit van die dakke af te verkondig”.

Hierdie periodieke beroep op mense om die evangelisasiewerk te doen, het klaarblyklik geen weerklank gevind nie. ’n Artikel in die Australiese koerant Illawarra Mercury het gese: “Vooraanstaande Katolieke aan die Suidkus is nie juis gretig om hulle geloof soos Jehovah se Getuies te benader nie.” Een man het gese dat evangelisasie eenvoudig “nie deel van die Katolieke psige is nie”. ’n Ander een se redenasie was: “Dit is goed dat die Kerk sy belange bevorder, maar nie deur aan deure to klop nie. Dit sal miskien beter wees om dit deur skole to doen of om iets in die posbus to gooi.” Selfs die deken van ’n plaaslike katedraal was nie heeltemal seker hoe om die Pous se opmerkings te vertolk nie. “Ons sal mense aanmoedig om die Evangelie wat hulle ken in hulle eie lewe uit to leef”, het hy gese. “Of dit beteken dat hulle aan deure moet gaan klop, is ’n ander saak.” Die opskrif van die nuusberig som dit mooi op: “Katolieke sal nie ag slaan op die Pous se oproep om to preek nie.”

Die Christendom versuim dalk om die evangelisasiewerk te doen, maar meer as vyfmiljoen Getuies van Jehovah gehoorsaam Jesus se bevel om te ‘gaan en dissipels te maak van mense van al die nasies’. (Matteus 28:19, 20; vergelyk Handelinge 5:42.) Hulle predikingswerk van deur tot deur word nou in meer as 230 lande gedoen. Die boodskap wat hulle bring, is positief en beklemtoon die Bybel se wonderlike beloftes vir die toekoms. Gesels gerus met hulle wanneer hulle jou weer besoek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel