Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w96 11/15 bl. 32
  • ‘Hulle stel daarin belang om ander to help’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Hulle stel daarin belang om ander to help’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
w96 11/15 bl. 32

‘Hulle stel daarin belang om ander to help’

DIT is wat ’n polisieman van die stad New York oor Jehovah se Getuies gese het. Hy het met Kathleen gepraat, een van die voltydse vrywilligers wat by die wereldhoofkwartier van Jehovah se Getuies in Brooklyn, New York, werk.

Kathleen het op ’n warm, sonnige herfsdag gedurende haar middagete op ’n hankie by die nabygelee Promenade gesit. Sy was besig om met oorfone na ’n kassetspeler to luister. By ’n helikopterlandingsblad aan die oorkant van die East-rivier is voorbereidsels getref vir die vertrek van die pous, wat die stad besoek het. Streng veiligheidsmaatreels is oral getref, en ’n aantal polisiemanne het die Promenade gepatrolleer. Een van hulle het Kathleen genader en haar gevra wat sy besig was om te doen. Kathleen het geantwoord: “Ek luister na ’n Russiese taalkasset. Jy sien, ek is een van Jehovah se Getuies en ek wil graag Russies leer praat sodat ek die goeie nuus van God se Koninkryk kan vertel aan Russiessprekende mense wat in die stad kom woon het.”

Die polisieman het geantwoord dat by gedurende die afgelope 15 jaar wat hy as konstabel sy rondtes in die stad New York doen Jehovah se Getuies gaandeweg begin bewonder het. Hy het gesê: “Ek beskou Jehovah se Getuies as ’n georganiseerde godsdiens waarvan die lede opreg daarin belangstel om ander in die gemeenskap to help.”

Jehovah se Getuies is wereldwyd bekend vir die predikingswerk wat hulle van deur tot deur doen (Handelinge 20:20). Hoewel hulle die aandag vestig op God se Koninkryk as die enigste oplossing vir die probleme wat die mensdom teister, help hulle ook mense om hulle lewensgehalte te verbeter deur hulle aan te moedig am Bybelbeginsels in hulle daaglikse lewe toe te pas. Die Getuies spoor ouers byvoorbeeld aan om ’n omgewing tuis te voorsien wat dit maklik maak om te leer. Hulle maan individue om eerlik en wetsgehoorsaam te wees en moedig hulle aan om vaardighede aan te leer en eienskappe aan te kweek wat vir ’n werkgewer waardevol sal wees.

Ja, Jehovah se Getuies stel baie daarin belang om mense in die gemeenskap te help om hulle lewe to verbeter. Jy word hartlik uitgenooi om op die volgende aanbod to reageer.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel