Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w96 7/1 bl. 32
  • ’n Oudregter vra om verskoning—ná 45 jaar

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Oudregter vra om verskoning—ná 45 jaar
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
w96 7/1 bl. 32

’n Oudregter vra om verskoning—ná 45 jaar

IN ’N hofsaal in Berlyn, in Augustus 1995, het ’n oud-Hooggeregshofregter vir een van Jehovah se Getuies gesê dat hy jammer is oor ’n onreg wat hy 45 jaar gelede gepleeg het.

In Oktober 1950 het die Hooggeregshof van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) nege Getuies van Jehovah skuldig bevind aan opstoking teen die staat en spioenasie. Twee is tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis, en die ander sewe—onder andere 22-jarige Lothar Hörnig, vierde beskuldigde van regs af op die foto—is ’n lang tronkstraf opgelê.

Veertig jaar later het die DDR ’n deel van die Bondsrepubliek Duitsland geword. Amptenare het sedertdien party van die onregte ondersoek wat in die voormalige DDR gepleeg is en het diegene wat daarvoor verantwoordelik was voor die gereg probeer bring. Een so ’n onreg was die Hooggeregshofverhoor van die Getuies in 1950.

A. T., nou 80, was een van die drie regters wat uitspraak gedoen het toe die nege Getuies verhoor is. Hy het nou op aanklag van regsverdraaiing voor die Streekhof in Berlyn verskyn om sy beslissing te verduidelik.

In sy hofverklaring het die oudregter erken dat hy 45 jaar gelede vir ’n skuldigbevinding gestem het, hoewel hy ten gunste van ligter vonnisse was. Maar die saak het hom weer laat dink. Waarom? Jehovah se Getuies is gedurende die Tweede Wêreldoorlog deur die Nazi’s vervolg omdat hulle geweier het om Hitler te ondersteun. Ná die oorlog is die Getuies weer vervolg, hierdie keer deur die Kommunistiese regime. Dit het die regter “diep ontstel”.

Lothar Hörnig het vir die hof gesê dat hy vyf en ’n half jaar in alleenopsluiting was en eers in 1959 uit die Brandenburg-gevangenis vrygelaat is. Toe hy Hörnig se verklaring gehoor het, het die oudregter in trane uitgebars. “Ek is baie jammer”, het hy gesnik. “Vergewe my asseblief.” Hörnig het dit aanvaar.—Vergelyk Lukas 23:34.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

Neue Berliner Illustrierte

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel