Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w96 4/1 bl. 31
  • Geloof het hom beweeg om op te tree

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Geloof het hom beweeg om op te tree
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
w96 4/1 bl. 31

Geloof het hom beweeg om op te tree

TOE Jehovah Moses beveel het om die nasie Israel uit Egiptiese slawerny uit te lei, het Moses aanvanklik gesmeek dat Jehovah hom van hierdie opdrag onthef: “Ag, Here, ek is nie ’n man van woorde nie—van gister of van eergister of vandat U met u kneg gespreek het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong” (Exodus 4:10). Ja, Moses het nie bekwaam genoeg vir so ’n gewigtige toewysing gevoel nie.

Daar is vandag eweneens baie van Jehovah se knegte wat soms onbekwaam voel om die pligte na te kom wat aan hulle toegewys is. ’n Christenopsiener met die naam Theodore vertel byvoorbeeld: “Van alles wat Jehovah my vra om te doen, is die veldbediening die moeilikste. Toe ek nog jonk was, het ek gewoonlik vinnig na die deur toe gestap, gemaak asof ek die deurklokkie lui en saggies weggestap in die hoop dat niemand my gesien of gehoor het nie. Namate ek ouer geword het, het ek opgehou om dit te doen, maar die gedagte om van deur tot deur te gaan, het my fisies siek laat voel. Ek word selfs tot vandag toe naar voordat ek in die bediening uitgaan, maar ek gaan nogtans.”

Wat het Moses en hedendaagse Getuies soos Theodore in staat gestel om hierdie vrese te oorkom? Die Bybel antwoord: “Deur geloof het hy [Moses] Egipte verlaat, . . . want hy het standvastig gebly asof hy die Onsigbare sien.”—Hebreërs 11:27.

Ja, deur geloof in Jehovah te beoefen, kon Moses sy gevoel van onbekwaamheid oorkom en sy toegewese pligte as regter, profeet, volksleier, middelaar van die Wetsverbond, bevelvoerder, geskiedskrywer en Bybelskrywer nakom.

As ons geloof soos Moses het, sal ons eweneens wandel asof ons “die Onsigbare sien”. Sulke geloof besiel ons met moed wat ons in staat stel om ons Christelike verantwoordelikhede op ons te neem—selfs wanneer ons dalk onbekwaam voel.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel