Die waarheid van die Evangelie
DRIE klein fragmente van ’n manuskrip van die Evangelie van Matteus, wat as P64 bekend staan, is sedert 1901 in besit van die Magdalen-kollege in Oxford, Engeland. Geleerdes het ’n tyd lank gemeen dot dit uit die laat tweede eeu G.J. dateer.
Carsten P. Thiede, ’n deskundige op die gebied van papirologie in Paderborn, Duitsland, het P64, wat uit dele van 10 verse uit Matteus hoofstuk 26 bestaan, deeglik ondersoek. Die resultaat? In die Zeitschrift für Papyrologie und Epigraphik (Tydskrif vir papirologie en epigrafie) beskryf Thiede die Oxford-fragmente as “’n Christelike kodeksfragment uit die eerste eeu, moontlik (hoewel nie noodwendig nie) voor 70 n.C.”
Thiede se opmerkings het ’n taamlike opskudding in die pers en in vakkundige kringe veroorsaak. Waarom? Omdat P52, ’n fragment van die Evangelie van Johannes wat uit ongeveer 125 G.J. of niks vroeer as die tweede eeu dateer nie, tans as die oudste oorblywende teksgedeelte uit die Evangelies aanvaar word.
Ons sal nog moet sien of hierdie nuwe datum wat vir die papirusfragmente P64 gegee is, algemeen aanvaar sal word. In alle geval, die vroeer datum sal nie net P64 die oudste bestaande Evangel iefragmente maak nie; dit sal ook bykomende getuienis voorsien om to toon dot die Evangelie van Matteus wel in die eerste eeu geskryf is, moontlik selfs voor 70 G.J., toe bale ooggetuies van die gebeure van Jesus se lewe nog gelewe het om die waarheid van die Evangelie to bevestig.
[Foto-erkenning op bladsy 32]
Met vergunning van die President and Fellows of Magdalen College, Oxford.