Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w96 1/15 bl. 32
  • Aanbid Jehovah met rein hande

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aanbid Jehovah met rein hande
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
w96 1/15 bl. 32

Aanbid Jehovah met rein hande

DIE psalmis Dawid ket onder inspirasie gesing: “Ek was my kande in onskuld en wil gaan rondom u altoor, o HERE.”—Psalm 26:6.

Toe Dawid hierdie woorde gekomponeer het, het by dalk gesinspeel op die gebruik van Israel se Levitiese priesters om teen die skuinste na die altaar op to loop en clan hulle offerandes op die vuur to sit. Maar voordat die priesters hierdie daad van aanbidding kon verrig, moes hulle eers hulle hande en voete was. Dit was nie iets onbenulligs nie. As ’n priester versuim het om dit to doen, kon dit hom sy lewe kos!—Exodus 30:18-21.

Om jou figuurlik to was, lei tot geestelike en sedelike reinheid (Jesaja 1:16; Efesiërs 5:26). Jehovah wil vandag he dot ons ‘rondom sy altaar gaan’ deur hom to dien. Maar by vereis dat ons dit met rein hande doen—soos Dawid dit gestel het, hande wat ‘in onskuld gewas’ is. Dit is hoegenaamd nie ’n onbenullige vereiste nie, want diegene wat onreinheid beoefen, sal God se Koninkryk nie beerf nie (Galasiërs 5:19-21). As ’n mens ’n lewe lei wat deur godvrugtige werke gekenmerk word, veroorloof dit jou nie om jou aan onsedelike gedrag skuldig to maak nie. Die apostel Paulus het derhalwe geskryf: “Ek kasty my liggaam en lei dit as ’n slaaf, sodat ek, nadat ek vir ander gepreek het, nie self op die een of ander wyse afgekeur sou word nie.”—1 Korintiërs 9:27.

Diegene wat God se goedkeuring en ware geluk verlang, moet Jehovah met rein hande dien. Hulle wandel soos Dawid “met ’n volkome hart en in opreqtheid”.—1 Konings 9:4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel