Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w96 1/1 bl. 2-4
  • Is vrede moontlik?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is vrede moontlik?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat sê die Bybel oor kernoorlog?
    Nog onderwerpe
  • Kernoorlog—Wie is die bedreigings?
    Ontwaak!—2004
  • Vrede en veiligheid—die behoefte daaraan
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Die kernbedreiging—nog lank nie verby nie
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
w96 1/1 bl. 2-4

Is vrede moontlik?

“DAAR sal altyd êrens ’n oorlog wees. Dit is ’n hartseer feit omtrent die mensdom.” Hierdie pessimistiese siening het onlangs in ’n brief van ’n leser in die tydskrif Newsweek verskyn. Stem jy daarmee saam? Is oorlog onvermydelik en vrede onmoontlik? As die geskiedenis enigsins ’n maatstaf hiervan is, is dit moeilik om nie ja op albei hierdie vrae te antwoord nie. So lank as wat daar al verslae gehou word, is die mensdom in die een oorlog na die ander verwikkel, en konflikte het al hoe vernietigender geword namate die mens doeltreffender maniere ontwikkel het om mekaar dood te maak.

Die 20ste eeu was geen uitsondering nie. Trouens, dit kan van die bloedigste oorloë tot nog toe getuig, maar dit kan ook van iets nuuts getuig. Vyftig jaar gelede het die Verenigde State die atoomeeu ingelui deur twee atoombomme op Japan te gooi. In die vyf dekades sedertdien, het die nasies enorme voorrade kernwapens opgestapel wat die mensdom talle kere kan vernietig. Sal die bestaan van kernwapens die mens uiteindelik keer om oorlog te voer? Die feite spreek vanself. Sedert 1945 het miljoene in oorloë gesterf—hoewel daar nog nie weer van kernbomme gebruik gemaak is nie.

Waarom is die menseras so oorlogsugtig? Die Encyclopedia Americana meld ’n paar aspekte van die mensegemeenskap wat deur die geskiedenis heen tot oorlog gelei het. Dit is onder andere godsdiensonverdraagsaamheid, rassisme, kulturele verskille, uiteenlopende ideologieë (soos die Kommunisme en kapitalisme), nasionalisme en die leer van nasionale soewereiniteit, ekonomiese toestande en ’n volksaanvaarding van militarisme. Sien jy, wanneer jy hierdie lys lees, enigiets wat moontlik in die nabye toekoms sal verander? Sal die nasies minder vasbeslote wees om hulle soewereiniteit te handhaaf? Sal mense minder rassisties word? Sal godsdiensfundamentaliste minder fanaties wees? Dit is hoogs onwaarskynlik.

Is daar dan geen hoop dat dinge eendag beter sal wees en dat daar blywende vrede sal wees nie? Ja, daar is hoop. Ondanks die beroeringe van hierdie wêreld is dit selfs vandag moontlik om vrede te vind. Miljoene mense het dit gevind. Kom ons vertel jou van ’n paar van hierdie mense en kyk wat hulle ondervindinge vir jou kan beteken.

[Foto-erkenning op bladsy 2]

Voorbladagtergrond en bladsy 32: Reuters/Bettmann

[Foto-erkenning op bladsy 3]

Reuters/Bettmann

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel