Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 11/15 bl. 20
  • Godinne van vrugbaarheid en oorlog

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Godinne van vrugbaarheid en oorlog
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 11/15 bl. 20

Godinne van vrugbaarheid en oorlog

GEDURENDE argeologiese opgrawings in Ebla, Sirië, is ’n reliek ontdek wat Isjtar, die Babiloniese godin van vrugbaarheid en oorlog, uitbeeld. Die argeoloog Paolo Matthiae beskryf dit as ’n “silindervormige seël met ’n kultustoneel daarop wat ’n versluierde priesteres uitbeeld voor ’n vreemde afgodsbeeld . . . waarvan die kop aan ’n lang dun steel vas is”.

Die ontdekking is betekenisvol, aangesien die beeld uit die begin van die 18de eeu v.G.J. dateer. Volgens Matthiae lewer dit “afdoende bewys” dat Isjtar-aanbidding oor ongeveer 2 000 jaar gestrek het.

Die aanbidding van Isjtar het in Babilon begin en in die daaropvolgende eeue regdeur die Romeinse Ryk versprei. Jehovah het die Israeliete beveel om valse godsdiens geheel en al uit die Beloofde Land uit te roei, maar omdat hulle dit nie gedoen het nie, het die aanbidding van Astarte (die Kanaänitiese ekwivalent van Isjtar) vir hulle ’n strik geword.—Deuteronomium 7:2, 5; Rigters 10:6.

Hoewel Isjtar en haar ekwivalent Astarte nie meer bestaan nie, is dit wat hulle verteenwoordig het—onsedelikheid en geweld—iets algemeens. Ons kan ons dus afvra of die hedendaagse gemeenskap in werklikheid soveel anders is as daardie eertydse beskawings wat hierdie godinne van vrugbaarheid en oorlog aanbid het.

[Prent op bladsy 20]

Kinders is ook aan Tanit geoffer

[Erkenning]

Ralph Crane/Bardo Museum

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel