Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 9/15 bl. 31
  • ’n Betekenislose ritueel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Betekenislose ritueel?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 9/15 bl. 31

’n Betekenislose ritueel?

DIE sakrament van die bieg word al eeue lank deur Katolieke beoefen. Tog is dit vir baie mense ’n betekenislose roetine. ’n Skoolhoof met die naam Bob dink terug aan sy jeugjare en sê: “Selfs as ’n tiener het ek dit nie ernstig opgeneem nie.” Waarom nie? Die bieg het vir hom ’n betekenislose ritueel geword. Hy verduidelik: “Die bieg is soos om al jou bagasie vol sondes na die doeanebeampte op die lughawe te neem. Hy vra jou oor jou sondes uit en dan laat hy jou deurgaan nadat jy iets vir die luukseartikels betaal het wat jy gekoop het terwyl jy oorsee was.”

Frank Wessling beskryf die bieg eweneens in die U.S. Catholic as “’n baie eenvoudige stap-vir-stap-gids, van die afskryf van gewone sondes deur gememoriseerde gebede van berou tot rituele blyke van skynbare boetedoening”. Tot watter slotsom kom Wessling? “Ek is oortuig dat die bieg goed is vir die siel”, sê hy. “Maar die manier waarop Katolieke dit doen, is ’n probleem.”

Die Bybel sit belydenis op ’n heel ander manier uiteen. Van allergrootste belang is om ons sondes aan God te bely (Psalm 32:1-5). En die Christendissipel Jakobus het geskryf: “Is iemand onder julle siek? Laat hom die ouer manne van die gemeente na hom toe roep, en laat hulle oor hom bid en hom in die naam van Jehovah met olie salf. Bely dus julle sondes openlik aan mekaar en bid vir mekaar, sodat julle genees kan word.”—Jakobus 5:14, 16.

’n Christen wat onder die las van sonde gebuk gaan, kan die gemeentelike ouer manne inroep, wat persoonlike en praktiese raad uit die Bybel kan gee om die oortreder te help om sy sondige weg te laat vaar. Die opsieners kan gepaste bemoediging gee terwyl hulle die vordering waarneem van die persoon wat geestelik siek is. Hoe anders is dit tog as die formalistiese ritueel van die bieg wat kerke vandag beoefen! Nadat berouvolle oortreders deur die persoonlike bystand van gemeentelike ouer manne versterk is, kan hulle die verligting verkry wat Dawid ondervind het, soos hy dit gestel het in ’n psalm: “My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe.”—Psalm 32:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel