Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 8/15 bl. 32
  • Hoop vir onskuldige slagoffers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoop vir onskuldige slagoffers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 8/15 bl. 32

Hoop vir onskuldige slagoffers

DIT is een van die weersinwekkendste wandade wat die mens nog gepleeg het—rituele kinderofferandes. Party glo nie dat so ’n afskuwelike gebruik kon plaasgevind het nie. Maar hierdie kenmerk van Fenisiese aanbidding is deur talryke argeologiese ontdekkings bevestig.

Kinders van adellike gesinne is in die vuur aan gode soos Tanit en Baäl-Hammon geoffer. In Kartago is jong slagoffers as offerandes aan ’n bronsbeeld van Kronos verbrand. Diodorus Sikulus, ’n geskiedskrywer van die eerste eeu v.G.J., sê dat die kind se familielede nie toegelaat is om te huil nie. Daar is miskien geglo dat trane van smart die waarde van die offerande sou verminder.

’n Soortgelyke ritueel is ’n tyd lank naby Jerusalem in eertydse Tofet beoefen. Aanbidders het daar gedans en op tamboeryne geslaan sodat die kind se krete nie gehoor kon word wanneer hy in Molog se vuurskoot gegooi word nie.—Jeremia 7:31.

Jehovah is baie toornig op diegene wat op hartelose wyse hulle oor vir die pyn van ander toestop. (Vergelyk Spreuke 21:13.) As die God wat medelye teenoor kinders betoon, sal Jehovah beslis sulke onskuldige slagoffers in die “opstanding van die regverdiges sowel as die onregverdiges” insluit.—Handelinge 24:15; Exodus 22:22-24.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel