Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 7/15 bl. 32
  • Wat sê die spieël?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat sê die spieël?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 7/15 bl. 32

Wat sê die spieël?

KYK in ’n spieël. Wat sien jy? ’n Kykie in die spieël toon soms ’n tekortkoming in jou voorkoms wat jou in die verleentheid kan stel en wat jy maar alte graag regstel voordat ander dit sien.

Die Bybel is baie soos ’n spieël. Dit kan ons help om ’n eerlike beskouing van onsself te verkry, wat sal keer dat ons te veel—of te min—van ons waarde in God se oë dink (Matteus 10:29-31; Romeine 12:3). Daarbenewens kan die Bybel toon watter tekortkominge ten opsigte van ons woorde, dade of gesindhede ons moet regstel. Sal jy, wanneer dit gebeur, ignoreer wat die spieël sê?

Die Bybelskrywer Jakobus sê: “As iemand ’n hoorder van die woord is, en nie ’n dader nie, is hy soos ’n mens wat na sy natuurlike gesig in ’n spieël kyk. Want hy kyk na homself en gaan dan weg en vergeet onmiddellik watter soort mens hy is.”—Jakobus 1:23, 24.

In teenstelling hiermee beskryf Jakobus ’n ander mens, een “wat in die volmaakte wet tuur wat tot vryheid behoort en daarby bly” (Jakobus 1:25). Die Griekse woord wat met “tuur” vertaal word, beteken om te buk langs of vooroor te buig om te kyk. “Meer as ’n vlugtige blik is hier ter sprake”, sê die Theological Dictionary of the New Testament. Die woord dui op ’n sorgvuldige soektog na ’n versteekte voorwerp. “Daar is iets belangriks wat die kyker graag wil sien, al is dit dalk vir hom moeilik om dit te sien en dadelik die betekenis daarvan te begryp”, skryf Bybelkommentator R. V. G. Tasker.

Sal jy jou op hierdie manier noukeurig ondersoek in die spieël van God se Woord en dan die nodige aanpassings maak? Jakobus sê voorts: “Hy sal, omdat hy nie ’n vergeetagtige hoorder nie maar ’n dader van die werk geword het, gelukkig wees deurdat hy dit doen.”—Jakobus 1:25.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel