Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 3/15 bl. 32
  • Hoeveel is ’n Bybel werd?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoeveel is ’n Bybel werd?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 3/15 bl. 32

Hoeveel is ’n Bybel werd?

DIE Britse Biblioteek het onlangs ingestem om bykans R5 800 000 vir ’n eksemplaar van William Tyndale se Engelse vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte te betaal. Dit is 468 jaar gelede uitgegee en is die enigste volledige eerste uitgawe van die Tyndale-Bybel wat behoue gebly het ondanks die vasbeslote pogings om dit te vernietig. Hierdie Bybel word in Londen ten toon gestel.

Die Tyndale-Bybel is by die Bristol-Baptistekollege in Engeland gekoop, waar dit sedert 1784 gehou is. Dr. Roger Hayden, ondervoorsitter van die kollegekomitee, het gesê: “Dit is ’n nasionale, kulturele en Christelike dokument van baie groot belang en ons wou hê dat dit vir meer mense toeganklik moet wees, aangesien ons dit in die kluis gehou het.”

Die Bybel was eeue lank hoofsaaklik in Latyn beskikbaar en kon net deur die geestelikes en ’n geleerde elite gelees word. Soos John Wycliffe voor hom, wou Tyndale ’n Bybel beskikbaar stel wat almal kon lees en verstaan. Hy het eenkeer vir ’n geestelike wat hom teëgestaan het, gesê: ‘Indien God my lewe spaar, sal ek, voordat baie jare verstryk het, sorg dat die seun wat die ploegspan lei meer as u van die Skrif af weet.’

Dit was ’n gevaarlike onderneming, aangesien die geestelikes enige poging om die Skrif aan die gewone mense beskikbaar te stel kwaai teëgestaan het. Tyndale het dus uit Engeland na Duitsland gevlug. Daar het hy die “Nuwe Testament” uit die oorspronklike Grieks vertaal. Sowat 3 000 eksemplare is gedruk en in Engeland ingesmokkel. Die biskop van Londen het elke eksemplaar gekoop wat hy kon kry en dit in die openbaar in die St. Paulus-kerkhof verbrand. Tyndale is later gevange geneem, verhoor en as ketter skuldig bevind. In 1536 is hy verwurg en op die brandstapel verbrand. Hoe interessant is dit tog dat ’n Bybel wat so deur die geestelikes gehaat is nou soveel werd is!

Jehovah se Getuies probeer opreg om juiste Bybelkennis oor te dra aan almal wat daarna soek. Buiten dat hulle ander vertalings druk en versprei, het hulle ook uit die oorspronklike tale ’n juiste en maklik leesbare vertaling van die hele Bybel uitgegee. Teen 1995 is daar reeds meer as 74 000 000 eksemplare van hierdie New World Translation of the Holy Scriptures in 12 tale uitgegee. Die werklike waarde van enige Bybel is natuurlik die lewegewende boodskap wat dit bevat.

[Prent op bladsy 32]

William Tyndale

[Erkenning]

Van ’n ou gravering in die Bibliothéque Nationale

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel