Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 3/1 bl. 32
  • “Soos die dae van die bome”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Soos die dae van die bome”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 3/1 bl. 32

“Soos die dae van die bome”

MEER as drieduisend jaar gelede het Moses geskryf: “Die dae van ons jare—daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet.”—Psalm 90:10.

Ondanks mediese vooruitgang is die mens se lewensduur steeds dieselfde as wat dit in Moses se dag was. Maar die mensdom sal nie altyd tot so ’n vlietende bestaan gedoem wees nie. In die Bybelboek Jesaja het God gesê: “Die dae van my volk sal wees soos die dae van die bome, en my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet.”—Jesaja 65:22.

Een van die bome in Bybellande wat die langste lewe, is die olyfboom. Die boom wat hier uitgebeeld word, is een van talle duisend jaar oue olyfbome wat steeds in Galilea floreer. Wanneer sal mense so lank kan leef? Dieselfde profesie verduidelik dat dit sal wees wanneer God “nuwe hemele en ’n nuwe aarde” skep.—Jesaja 65:17.

Die boek Openbaring voorspel ook die oprigting van “’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde”—’n nuwe hemelse regering en ’n nuwe mensegemeenskap wanneer God ‘elke traan van hulle oë sal afvee, en die dood nie meer daar sal wees nie, en ook verdriet en geskreeu en pyn nie meer daar sal wees nie’.—Openbaring 21:1, 4.

Hierdie Goddelike belofte sal binnekort vervul word. Dan sal selfs die dae van ’n olyfboom soos ’n dag van net 24 uur voel. En ons sal oorgenoeg tyd hê om die werk van ons hande ten volle te geniet.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel