Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 2/1 bl. 32
  • Skeppingsvermoë—’n goedgunstige gawe van God

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Skeppingsvermoë—’n goedgunstige gawe van God
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 2/1 bl. 32

Skeppingsvermoë—’n Goedgunstige gawe van God

JEHOVAH verheug hom in sy skeppingswerke (Psalm 104:31). Die intense genoegdoening wat hy uit die skeppingsdaad put, word in Genesis 1:31 uitgedruk: “Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed.”

Jehovah het nie hierdie vreugde vir homself gehou nie. Hy het Jesus die voorreg gegee om die agent, of werktuig, te wees waardeur alle ander dinge geskep is (Johannes 1:3; Kolossense 1:16, 17). As “’n meesterwerker” was Jesus “heeltyd voor [Jehovah] bly”.—Spreuke 8:30, 31, NW.

Maar skeppingsvermoë bestaan nie net in die hemel nie. “Dit is ook in die mens ingebou”, skryf Eugene Raudsepp in sy boek How Creative Are You? Aangesien die mens na God se beeld geskep is, is dit geen toeval nie (Genesis 1:26). Jehovah het dus aan die mensdom skeppingsvermoë geskenk wat genoegdoening meebring.—Jakobus 1:17.

Dit is derhalwe nie verbasend dat die Bybel met lof praat van sang, dans, weefwerk, kookkuns, handwerk en ander skeppende pogings nie (Exodus 35:25, 26; 1 Samuel 8:13; 18:6, 7; 2 Kronieke 2:13, 14). Besaleël, ’n ambagsman, het sy talent gebruik om “kunstige planne uit te dink” om met die bou van die tabernakel te help (Exodus 31:3, 4). Die herder Jabal was dalk die uitvinder van die tent, ’n gerieflike uitvindsel wat by die nomadiese lewenswyse pas (Genesis 4:20). Dawid was nie net ’n musikant en ’n komponis nie, maar het ook nuwe musiekinstrumente ontwerp (2 Kronieke 7:6; Psalm 7:18; Amos 6:5). Mirjam het moontlik die jubelende danse saamgestel ter viering van die Israeliete se wonderbaarlike bevryding deur die Rooi See.—Exodus 15:20.

Skeppingsvermoë help dikwels om ware aanbidding te bevorder. Jesus het gelykenisse en aanskouingslesse op skeppende wyse gebruik om sy boodskap oor te dra. Sy volgelinge word eweneens aangespoor om “hard [te] werk deur te preek en onderrig te gee” (1 Timotheüs 5:17, NAV). Ja, hulle predikingswerk is nie bloot ’n roetine nie. Dit is ’n kuns wat skeppende onderrigtingsmetodes vereis (Kolossense 4:6). Dit is veral noodsaaklik wanneer ’n mens jou kinders leer.—Deuteronomium 6:6, 7; Efesiërs 6:4.

Jehovah deel dus die vreugde wat hy daaruit put wanneer hy skep ook met ander. Wat ’n goedgunstige gawe is dit tog!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel