Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 12/1 bl. 32
  • Stemme ten gunste van geloof

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Stemme ten gunste van geloof
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 12/1 bl. 32

Stemme ten gunste van geloof

NAMATE die vorige eeu geëindig het, het stemme ten gunste van die wetenskap, filosofie en sekularisme ’n nadelige uitwerking gehad op geloof in God en die inspirasie van die Bybel.

Maar dit was nie die enigste stemme wat gehoor is nie. Baie navorsers het gesien dat daar baie gesê kon word ter ondersteuning van geloof in God pleks van ateïsme. Hulle studies het ook oorvloedige bewys gelewer dat die Bybel die geïnspireerde Woord van God is.

Een van die belangrike stemme was dié van C. T. Russell. Miljoene het sy boek van 1886, The Divine Plan of the Ages, gelees. ’n Kragtige hoofstuk daarin was “Die bestaan van ’n oppermagtige intelligente Skepper bevestig”.

In daaropvolgende dekades het C. T. Russell artikels, traktate en boeke geskryf wat kragtige redes vir geloof in God en die Bybel voorsien het. Hierdie lektuur is deur die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap uitgegee. Die Genootskap se tweede president, J. F. Rutherford, het Creation (1927) en ander werke geskryf wat die stem ten gunste van geloof versterk het.

Daardie genootskap het onlangs bykomende, bygewerkte inligting oor hierdie aangeleenthede voorberei. Jehovah se Getuies kan jou daarvan voorsien sodat jy dit noukeurig kan ondersoek.

As jy graag meer inligting wil hê of as jy wil hê dat iemand jou moet besoek om ’n gratis tuisbybelstudie met jou te hou, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 2.

[Prente op bladsy 32]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel