Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 11/15 bl. 32
  • “Dit is hoe ware Christene moet optree”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Dit is hoe ware Christene moet optree”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 11/15 bl. 32

“Dit is hoe ware Christene moet optree”

IN SY boek van 1990, Arbeit macht tot—Eine Jugend in Auschwitz (Werk maak jou dood—jongmensdae in Auschwitz), skryf die Auschwitz-oorlewende Tibor Wohl oor ’n gesprek wat hy tussen twee medegevangenes gehoor het. Een van hulle, ’n Oostenryker, het gesê dat hy ’n “ongelowige” is. Tog het hy die gevangenes geprys wat die pers driehoekige kenteken gedra het—die Bybelstudente, soos Jehovah se Getuies in die kamp genoem is.

“Hulle neem nie aan oorlog deel nie”, het die Oostenryker vir sy metgesel gesê. “Hulle sal eerder doodgemaak word as om enigiemand anders dood te maak. Na my mening is dit hoe ware Christene moet optree. Ek moet jou vertel van ’n aangename ondervinding wat ek met hulle gehad het. Ons was saam met Jode sowel as Bybelstudente in een blok in die Stutthof-kamp. Destyds moes die Bybelstudente buite in die bittere koue dwangarbeid verrig. Ons kon nie verstaan hoe hulle dit oorleef het nie. Hulle het gesê dat Jehovah hulle die krag gegee het. Hulle het hulle brood baie nodig gehad, aangesien hulle uitgehonger was. Maar wat het hulle gedoen? Hulle het al die brood wat hulle gehad het, bymekaargemaak en die helfte daarvan vir hulle broers, hulle geestelike broers, gegee wat uitgehonger van ander kampe ingekom het. En hulle het hulle verwelkom en gesoen. Voordat hulle geëet het, het hulle gebid, en agterna het hulle gesigte van blydskap gestraal. Hulle het gesê dat niemand meer honger was nie. Daarom het ek by myself gedink: ‘Hierdie mense is ware Christene.’ Dis hoe ek my altyd voorgestel het hulle moes wees. Hoe wonderlik sou dit tog gewees het om uitgehongerde kamerade só in Auschwitz te verwelkom!”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel