Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 10/15 bl. 3-4
  • Vrees vir die dooies is algemeen

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrees vir die dooies is algemeen
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Waar is ons voorouers?
    Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind?
  • Moet jy die dooies vrees?
    Ontwaak!—1996
  • Moet jy die dooies vrees?
    Ontwaak!—2009
  • Is jy bang vir die dooies?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 10/15 bl. 3-4

Vrees vir die dooies is algemeen

Die son is reeds ’n geruime tyd onder. Jy is ’n bietjie later op pad huis toe as wat jy graag sou wou wees. Terwyl jy by die begraafplaas verbystap, begin jou hart ’n bietjie vinniger klop. Die stilte van die donker nag maak jou bewus van die geringste geluidjie. Skielik hoor jy in die verte ’n skril, onheil-spellende geluid. Jy stap vinniger en jou hart bons terwyl jy na die veiligheid van jou huis vlug.

HET jy al ooit onrustig gevoel wanneer jy in of naby ’n begraafplaas was? Indien wel, is jy heel moontlik beïnvloed deur ’n godsdiensopvatting wat wêreldwyd aanvaar word—dat die geeste van die dooies die lewendes kan help of hulle kan kwaad aandoen.

Baie bygelowige gebruike het ontstaan as gevolg van die beskouing dat die dooies die hulp van die lewendes nodig het of dat hulle die lewendes kan kwaad aandoen as hulle nie gepaai word nie. In sommige Latyns-Amerikaanse lande het talle byvoorbeeld die gebruik om ’n klein woninkie met ’n kruis op te rig waar iemand verongeluk het. Mense steek kerse aan en sit blomme daar neer in ’n poging om belangstelling in die siel of gees van die dooie te toon of dit te help. In sommige gevalle vertel die mense mekaar van “wonderdadige” antwoorde op gebede, met die gevolg dat hulle die plek van die animita, die klein woninkie vir die siel of gees van die dooie, begin besoek. Daar maak hulle mandas, of beloftes, dat hulle hulle dankbaarheid op ’n spesiale wyse sal toon as die dooie hulle sal help om iets te bereik of te ontvang—dalk ’n wonderdadige genesing. Daarenteen vertel die mense dalk dat iemand se siel snags in die donker verskyn en mense skrikmaak. Daar word gewoonlik gesê dat hierdie geeste die lewendes penando, oftewel lastig val vanweë dinge wat in die verlede gebeur het.

In baie lande doen mense groot moeite om die “geeste” van die dooies te paai. Hulle hou oordadige feeste, bring offerandes, sê strelende woorde—alles in ’n poging om vergelding deur die dooie se gees af te weer. Daar word gemeen dat die lewendes beloon en geseën sal word as hulle die geeste paai.

“Baie glo dat niks wat gebeur ‘alledaags of natuurlik’ is nie”, sê ’n berig uit Afrika. “Enigiets wat gebeur—of dit nou siekte, ’n ramp, onvrugbaarheid, ekonomiese teëspoed, te veel reën of sonskyn, on-gelukke, onenigheid in die familie of die dood is—word toegeskryf aan onsigbare geeste, wat bomenslike kragte het.” ’n Ander berig sê: “Mense glo dat die geeste van hulle voorouers ’n plek in die hemel het en voortdurend oor hulle nakomelinge op die aarde waak. Daar word geglo dat die voorouers bonatuurlike kragte besit wat hulle kan gebruik om hulle familielede op die aarde te seën en te beskerm of om hulle te straf, na gelang van hulle verering of verwaarlosing van die dooies.”

Maar stem dit ooreen met die Woord van God? Wat dink jy?

[Prent op bladsy 4]

’n “Animita” in Chili

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel