Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 10/1 bl. 32
  • Die krag van ’n vriendelike woord

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die krag van ’n vriendelike woord
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 10/1 bl. 32

Die krag van ’n vriendelike woord

“Bekommernis in die hart van ’n mens druk dit neer, maar ’n vriendelike woord vrolik dit op”—Spreuke 12:25.

CHRISTENE is nie teen teëspoed gevrywaar nie. Soms het hulle bekommernis omdat hulle in hierdie ‘kritieke tye leef wat moeilik is om deur te kom’.—2 Timotheüs 3:1, NW.

Wat ’n seën is dit tog om vriendelike woorde van ’n getroue vriend te hoor wanneer ’n mens sulke teëspoed ondervind! “Die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood”, sê die Bybel (Spreuke 17:17). Die getroue man Job was daarvoor bekend dat hy hierdie soort vriend was. Selfs Elifas het van hom gesê: “Wanneer iemand gestruikel het, swak en moeg, het jou woorde hom aangemoedig om te staan.”—Job 4:4, Today’s English Version.

Maar toe Job self aanmoediging nodig gehad het, het Elifas en sy metgeselle nie vriendelike woorde geuiter nie. Hulle het Job die skuld vir sy teëspoed gegee en te kenne gegee dat hy die een of ander geheime sonde moes gedoen het (Job 4:8). The Interpreter’s Bible sê: “Wat Job nodig het, is die medelye van ’n mensehart. Hy kry egter ’n reeks volkome ‘waar’ en pragtige godsdiensclichés en morele gemeenplase.” Job was so ontsteld toe hy die woorde van Elifas en sy metgeselle gehoor het dat hy noodgedwonge uitgeroep het: “Hoe lank sal julle my siel kwel en my met woorde verbrysel?”—Job 19:2.

Ons moet nooit die oorsaak wees dat ’n medekneg van God vanweë ons onbedagsame, onvriendelike woorde in benoudheid uitroep nie. (Vergelyk Deuteronomium 24:15.) ’n Bybelspreuk waarsku: “Wat jy sê, kan lewe bewaar of dit vernietig; dus moet jy die gevolge van jou woorde aanvaar.”—Spreuke 18:21, TEV.

Ons moet dus besef watter krag spraak het en die apostel Paulus se voorbeeld volg. Terwyl hy in Masedonië was, het “hy [die Masedoniërs] met baie woorde bemoedig”.—Handelinge 20:2.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel