Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 5/1 bl. 31
  • Hy het sy bybelopgeleide gewete gevolg

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy het sy bybelopgeleide gewete gevolg
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Is jou gewete ’n betroubare gids?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Hoe kan jy ’n goeie gewete behou?
    ‘Hou julle in God se liefde’
  • Is jou gewete goed opgelei?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • ’n Goeie gewete voor God
    Hoe om in God se liefde te bly
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 5/1 bl. 31

Koninkryksverkondigers berig

Hy het sy bybelopgeleide gewete gevolg

ISRAEL se koning Dawid het om Jehovah se hulp gebid toe hy gesê het: “Maar ék wandel in my opregtheid [“onkreukbaarheid”, NW]; verlos my en wees my genadig” (Psalm 26:11). God hét hom genade bewys omdat hy sy onkreukbaarheid gehandhaaf het. Jehovah het Jesus ook geseën omdat hy die wil van sy hemelse Vader gedoen het, en Hy het ’n jong man in Colombia geseën wat sy Bybelopgeleide gewete gevolg het en hom voorgeneem het om God se wil te doen. Hierdie jong man vertel:

“Toe ek die Bybel saam met Jehovah se Getuies begin studeer het, was ek in ’n Katolieke skool. My gewete het my egter gepla wanneer ek die mis bygewoon het, en daarom het ek na die skoolhoof (wat ’n priester was), die beroepsvoorligter en die monitor van my groep toe gegaan en gevra om van die mis verskoon te word. Hoewel ek verskoon is, het party my probeer dwing om dit by te woon. Net nadat ek as een van Jehovah se Getuies gedoop is, het die druk toegeneem. My pa het gedreig om my weg te stuur van die huis af as ek uit die skool gesit sou word. Hy het universiteitsopleiding en ’n professionele loopbaan vir my in gedagte gehad.

“Die hoof het herhaaldelike waarskuwings gegee oor enigiemand wat nie die Katolieke verpligtinge wou nakom nie. Toe die eerste mis van die jaar aangebreek het, het ek weggekruip tot dit verby was. Toe het ek die onderwyser (’n priester) ’n eksemplaar van die brosjure Die skool en Jehovah se Getuies gegee en vir hom gesê dat ek as een van Jehovah se Getuies nie die mis kon bywoon nie. Hy het gesê: ‘Jy moet maar na ’n ander skool begin soek.’ Ek het geweet dat my pa my uit die huis sou jaag as ek uit die skool gesit sou word. Ek het nietemin tot Jehovah gebid en voortgegaan om my skoolmaats ’n deeglike getuienis te gee.

“Die vakansie het aangebreek. Toe ek ná die vakansie weer terug was by die skool, was dit weer eens tyd vir die mis. Die rektor en die ander priesters het voor die kapel gestaan, gereed om die bieg af te neem. Die vrees het my byna oorweldig. Ek het ingegaan en gaan sit, maar my gewete het my gepla. Toe hulle begin sing het, het ek gedink: ‘Wat maak ek hier? Jehovah is my God. Ek kan nie ’n lafaard wees en hom verloën nie. Ek kan hom nie in die steek laat nie. Hy sal my nie verlaat nie.’ Ek het om moed gebid. Toe het ek uit die kapel gestap en in die ry saam met die biegtelinge gaan staan. Toe ek by die hoof kom, het ek vir hom gesê: ‘Meester, ek kom nie om te bieg nie.’ Hy het gesê: ‘Ek het nie so gedink nie.’ Ek het vir hom gesê dat ek bereid was om die gevolge te dra, maar dat my gewete my nie sou toelaat om aan die mis deel te neem nie. Ek kon nie teen die dinge gaan wat ek in die Bybel geleer het nie.

“Hy het my stip aangekyk, geglimlag en gesê: ‘Ek bewonder jou. Julle Getuies is almal bewonderenswaardig. Vir julle kom God eerste, en julle is bereid om sy wette te gehoorsaam ongeag die gevolge. Hou so aan. Jy doen baie goed. Ek wens alle Katolieke was soos jy, wat sulke ywer, sulke liefde vir God aan die dag lê. Van nou af word jy van deelname aan ons kerkdienste verskoon.’ Hoe verheug was ek tog! Jehovah het my vasbeslotenheid om my Bybelopgeleide gewete te volg, geseën.

“Die hoof het die volgende dag vir die kinders gesê: ‘Ander godsdienste is ons vooruit. Waarom is ons nie soos hulle nie—ywerig, met ’n innige liefde vir God en die begeerte om hom bo alles te dien? Dit is iets wat in ons hart moet wees.’

“Die rektor is uiteindelik na Rome verplaas, en die nuwe rektor het die feit dat ek nie aan die dienste deelgeneem het nie eenvoudig geïgnoreer. My pa het uit die huis getrek, en ek was dus vry om my doelwit van die voltydse bediening te verwesenlik nadat ek my skoolloopbaan voltooi het.”

Jehovah het hierdie jong man wat sy Bybelopgeleide gewete gevolg het, geseën. Hy sal eweneens almal seën wat daarna streef om sy wil te doen.—Spreuke 3:5, 6.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel