Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 3/15 bl. 32
  • ’n Nag om te onthou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Nag om te onthou
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 3/15 bl. 32

’n Nag om te onthou

OP ’N gedenkwaardige dag meer as 3 500 jaar gelede het Jehovah God die Israeliete wat in slawerny in Egipte was, beveel om ’n lam te slag en die bloed aan die deurposte en bo-drumpels van hulle huise te smeer. Daardie selfde nag het God se engel die huise oorgeslaan wat so gemerk was, maar die eersgebore seuns in die huise van al die Egiptenare doodgemaak. Die Israeliete is toe bevry. Die Jode vier sedertdien, elke jaar op die dag van daardie gebeurtenis, die Pasga.

Onmiddellik nadat Jesus Christus sy laaste Pasga saam met sy apostels gevier het, het hy ’n maal ingestel wat sy offerdood sou herdenk. Hy het brood aan sy getroue apostels gegee en gesê: “Neem, eet, dit is my liggaam.” Toe het hy aan hulle ’n beker wyn gegee en gesê: “Drink almal daaruit. Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament [“verbond”, NW], wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.” Jesus het ook gesê: “Doen dit tot my gedagtenis” (Mattheüs 26:26-28; Lukas 22:19, 20). So het Jesus sy volgelinge beveel om sy dood te herdenk.

Jehovah se Getuies nooi jou hartlik om hierdie herdenking van Jesus se dood saam met hulle te vier. Jy kan dit by die naaste Koninkryksaal bywoon. Vind by die Getuies in jou omgewing uit presies hoe laat en waar dit gehou gaan word. Die datum vir die 1994-herdenking is Saterdag, 26 Maart, en die brood en die wyn sal ná sononder omgestuur word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel