“Kom ons lees verder voor ons spot”
DIT is wat iemand van Nieu-Seeland gesê het oor Die Wagtoring, die tydskrif wat jy nou lees. Hy het oor ’n artikel oor God se hemelse strydwa wat in Esegiël hoofstuk 1 beskryf word, geskryf:
“Elk van hierdie vier lewende wesens, of gerubs, het vier vlerke en vier gesigte gehad. Hulle het die gesig gehad van ’n leeu, ’n aanduiding van Jehovah se geregtigheid; die gesig van ’n bul, wat God se mag verteenwoordig; die gesig van ’n arend, wat ’n voorstelling van sy wysheid is en die gesig van ’n mens, wat Jehovah se liefde aandui.
“Nadat ek dit oor en oor gelees het, was daar ’n gevoel van warmte in my hart. Trane van vreugde het in my oë opgewel. Ek het onmiddellik gedink: ‘Hoe wonderlik en innemend moet u tog nie wees nie, Jehovah!’ Ek is heeltemal verstom oor hierdie nuwe gevoelens wat ek teenoor Jehovah God koester wat ek, wêreldse mens wat ek is, baie jare lank bespot het. Ek sê ‘dankie’ aan Jehovah se Getuies, en vir almal wat soos ek is, sê ek: ‘Kom ons lees verder voor ons spot.’”