Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 1/1 bl. 32
  • Kan hulle jou tot voordeel strek?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan hulle jou tot voordeel strek?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 1/1 bl. 32

Kan hulle jou tot voordeel strek?

DIE doel van die tydskrif wat jy vashou, is om ’n bron van bemoediging te wees en ’n mens aan Bybelriglyne te herinner wat jou sal help om gesinsprobleme op te los en jou onkreukbaarheid te handhaaf. Dit toon dat vandag se swaar tye in die Bybel voorspel is en vestig jou aandag op die oplossing—God se Koninkryksregering. Kan Die Wagtoring en sy medetydskrif die Ontwaak! jou tot voordeel strek?

’n Vrou met die naam Vilma het uit die Filippyne geskryf: “As daar ’n woord is wat julle publikasies kan beskryf, dink ek ek sou ‘wonderlik’ kies. Ek het julle Ontwaak! en Die Wagtoring die eerste keer gesien en gelees terwyl ek met die bus op pad huis toe was van Manila af. Ek neem gewoonlik koerante saam wanneer ek reis, maar hierdie keer het ek niks saamgeneem nie.

“’n Middeljarige man wat van julle publikasies gehad het, het tydens die reis langs my gesit. Nadat hy die Ontwaak! gelees het, het hy nog ’n tydskrif, Die Wagtoring, uitgehaal. Ek het die geleentheid aangegryp om die Ontwaak! te leen. Ek het dit eerlikwaar geniet om daardie tydskrifte te lees, want al die artikels was interessant, aktueel en bemoedigend.”

Die vrou het ten slotte gesê: “Ek wil graag julle tydskrifte ontvang. Laat my asseblief weet hoe ek hulle kan bekom.” Die takkantoor van Jehovah se Getuies in die Filippyne het hierdie vrou met graagte op hulle intekenaarslys geplaas.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel