Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 12/1 bl. 32
  • Die naam van God

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die naam van God
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 12/1 bl. 32

Die naam van God

“Tensy Jehovah die huis bou, werk die bouers tevergeefs.” Dit is wat hierdie Latynse inskripsie sê. Die woorde is gebaseer op Psalm 127:1 in die Bybel, en hulle bevat ’n onmiskenbare waarheid: Enige poging wat nie Jehovah se seën het nie, sal op die ou end tevergeefs wees.

Die inskripsie, wat uit 1780 dateer, kom voor op ’n gebou in Colombo, Sri Lanka, en dit is opvallend omdat dit God se naam, Jehovah, bevat. (Sien foto.) In vorige eeue is daardie naam algemeen gebruik. Dit is dikwels op sekulêre geboue, kerke en selfs muntstukke gegraveer. Sendelinge het God se naam gebruik wanneer hulle die Bybel na verafgeleë lande geneem het, wat ongetwyfeld verklaar waarom hierdie inskripsie in Sri Lanka aangetref word.

Hoe anders is dinge tog vandag! Daar is min verklaarde Christene wat vir God se naam omgee. Party geleerdes kritiseer selfs Jehovah se Getuies omdat hulle klem daarop lê. Waarom? Party sê dit is omdat die presiese Hebreeuse uitspraak van die naam nie bekend is nie. Maar hoeveel mense weet wat die oorspronklike Hebreeuse uitspraak van Jesus se naam is? Tog word sy naam wêreldwyd gebruik en gerespekteer.

God se naam was vir Jesus van die allergrootste belang. Hy het ons leer bid: “Laat u Naam geheilig word” (Mattheüs 6:9). En net voor sy dood het hy aan God gesê: “Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het” (Johannes 17:6). Ware Christene volg Jesus se voetstappe na. Moet hulle nie ook ‘God se naam openbaar’ nie? Jehovah se Getuies doen dit, en Jehovah seën hulle “huis” ryklik. Vir hulle is hierdie psalm waar: “Gelukkig is die volk wie se God Jehovah is!”—Psalm 144:15, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel