Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 11/15 bl. 32
  • Soos ’n boom

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Soos ’n boom
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 11/15 bl. 32

Soos ’n boom

“POEMS are made by fools like me, but only God can make a tree.” So het die digter Joyce Kilmer die voortreflikheid van bome geprys en God die eer vir hulle skepping gegee.

Jehovah God het ’n groot verskeidenheid pragtige en nuttige bome gemaak. Of hulle nou klein of groot is, hulle kan so pragtig wees dat hulle alle beskrywing te bowe gaan. Daarbenewens voorsien bome voedsel, brandstof en beskutting. En ontwerpers vind al hoe meer nuwe gebruike vir hout.

In die Bybel word bome soms figuurlik gebruik om koninkryke, heersers en individue voor te stel (Esegiël 31:1-18; Daniël 4:10-26). Daar word van bome melding gemaak in verband met die vreugdevolle, vreedsame en vrugbare toestande wat uit Jehovah se koningskap en die herstelling van sy volk voortspruit (1 Kronieke 16:33; Jesaja 55:12; Esegiël 34:27; 36:30). Die Skrif belowe ook dat die dae van God se volk soos die dae van die bome sal wees (Jesaja 65:22). Dit is baie betekenisvol as ons in gedagte hou dat party bome eeue lank lewe.

’n Bybelpsalmis het gesê ’n mens wat behae in God se wet skep, “sal wees soos ’n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit”. ’n Vrugbare boom wat by ’n waterbron met volop water geplant is, het die psalmis aan die geestelike welvaart herinner wat diegene geniet wie se “behae . . . in die wet van die HERE” is (Psalm 1:1-3). As jy opreg in God se wet en in sy Heilige Woord behae skep, kan jou dae soos dié van ’n boom word. Trouens, as jy in ooreenstemming met juiste kennis van Jehovah God en Jesus Christus optree, kan jy die hoop op die ewige lewe hê.—Johannes 17:3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel