Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 10/15 bl. 32
  • Word daar te veel waarde aan bloedoortappings geheg?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Word daar te veel waarde aan bloedoortappings geheg?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 10/15 bl. 32

Word daar te veel waarde aan bloedoortappings geheg?

Bloedoortappings word algemeen in die hedendaagse geneeskunde gebruik, maar is hulle werklik so doeltreffend soos daar beweer word? Wat dink jy?

In The American Journal of Medicine (Februarie 1993) het dr. Craig S. Kitchens die vraag gestel: “Word daar te veel waarde aan bloedoortappings geheg?” Hy het opgemerk dat geneeshere dikwels die voordele en risiko’s van ’n behandeling teen mekaar opweeg. Wat van oortappings?

Dr. Kitchens het ’n ondersoek gedoen na onlangse gegewens in verband met die talle risiko’s wat aan oortappings verbonde is, soos hepatitis, verswakte immuniteit, orgaanstelselversaking en weefseloorplantingreaksies. Een studie, wat ’n opsomming gegee het van “’n menigte komplikasies” wat uit bloedoortappings voortspruit, “het tot die slotsom gekom dat daar met elke oortapping gemiddeld ’n 20% kans is op die een of ander ongewenste reaksie waarvan sommige gering, maar ander skadelik” en selfs noodlottig is.

Maar maak die veronderstelde voordele dit die moeite werd om sulke risiko’s te loop?

Dr. Kitchens het verslae ondersoek van 16 studies wat gedoen is oor 1 404 operasies op Getuies van Jehovah wat oortappings geweier het in gehoorsaamheid aan die Bybelse opdrag om ‘hulle te onthou van bloed’.—Handelinge 15:28, 29.

Wat was die bevinding? “Die besluit van pasiënte wat Jehovah se Getuies is om oortappings tydens ernstige operasies te weier, verhoog blykbaar die algehele risiko van sterfte tydens operasies met 0,5% tot 1,5%. Iets wat minder duidelik is, is die getal siektes en sterftes wat weens dié gebruik vermy word, maar hulle hou waarskynlik ’n groter risiko in as wat daar is wanneer ’n oortapping nie ontvang word nie.” (Ons kursiveer.) Wat is sy punt? Enige mediese risiko verbonde aan die weiering van ’n oortapping is waarskynlik kleiner as die risiko’s verbonde aan die aanvaarding van bloedoortappings.

Dr. Kitchens vra dus tereg: “Indien daar in werklikheid baie min akute siektetoestande en sterftes bykom wanneer Jehovah se Getuies nie oortappings ontvang nie, en dit onkoste en chroniese komplikasies aansienlik verminder, behoort pasiënte dan nie minder oortappings te ontvang nie?”

Diegene wat oortappings op grond van sulke gegewens weier, sal ook in ooreenstemming met ons Skepper se bevele optree.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel