Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 8/15 bl. 3-4
  • Die verbrokkelende huweliksband

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die verbrokkelende huweliksband
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Egskeiding—die wrange vrugte
    Ontwaak!—1992
  • Die huwelik—Waarom talle dit die rug toekeer
    Ontwaak!—1993
  • Egskeiding—Wat sê die Bybel werklik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Die egskeidingsontploffing
    Ontwaak!—1992
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 8/15 bl. 3-4

Die verbrokkelende huweliksband

’N JONG moeder het haar twee maande oue baba in haar arms vasgehou. Skielik, in ’n oomblik van waansin, het sy hom op die vloer laat val. Die seuntjie het ’n paar uur later gesterf. “Ek het hom opsetlik laat val”, het die moeder gesê, “want my man gee nie vir sy gesin om nie.” Pleks van die saak met haar man te bespreek, het sy haar woede op die onskuldige baba gekoel.

Al is daar min moeders wat tot sulke uiterstes gaan, voel baie net soos sy. Dit word al hoe moeiliker vir egpare om ’n sukses van hulle huwelik te maak. “Wanneer die kanse dat ’n huwelik sal slaag so gering is soos dit vandag in die Verenigde State is”, sê die Journal of Marriage and the Family, “is ’n sterk, onvoorwaardelike verbintenis tot die huwelik . . . so ’n risiko dat geen normale mens dit sal aangaan nie.”

In hierdie onstuimige tye word huweliksprobleme aangeblaas deur onsedelikheid, onaanpasbaarheid, skuld, struwelinge met skoonouers en selfsug, en dit lei keer op keer tot ’n egskeiding. Die situasie in Japan is so ernstig dat selfs die Katolieke Kerk, wat bekend is vir sy sterk standpunt teen egskeiding, ’n spesiale komitee moes stig om die situasie draagliker te maak vir geskeide lidmate sowel as dié wat weer getrou het. Al hoe meer kerkgangers word deur probleme geteister wat met egskeiding verband hou.

Die aantal egskeidings weerspieël egter net die puntjie van die ysberg. Navorsing in die Verenigde State toon dat dit eerder die agteruitgang in die gehalte van die huwelikslewe self is wat die toename in egskeidings veroorsaak as net maatskaplike tendense wat dit makliker maak om ’n egskeiding te kry. Omdat mense hulle minder op hulle huwelik toelê en hulle nie so sterk daartoe verbind nie, verloor die huwelikslewe sy glans. Baie tree soos ’n normale egpaar op om die skyn te bewaar, maar hulle deel nie meer die huweliksbed nie en hulle praat feitlik nooit met mekaar nie. Party voel soos die Oosterse vrou wat haar eie afsonderlike graf gekoop het en gesê het: ‘Ek weier om saam met my man in dieselfde graf te lê.’ Aangesien sy nie nou van haar man kan skei nie, wil sy ’n nadoodse egskeiding hê. Hoewel sulke mense nie geskei is nie, is die huwelikslewe ongelukkig nie vir hulle ’n bron van geluk nie.

Dit was die geval met Isao. Hy het op die ingewing van die oomblik met sy vrou getrou en het dus geen motivering gehad om sy egotistiese lewenswyse te verander nie. Hoewel hy as ’n vragmotorbestuurder ’n goeie inkomste gehad het, het hy al sy geld op kos en drank uitgegee en nie vir sy gesin gesorg nie. Gevolglik het hy en sy vrou gedurig gestry. “Wanneer dinge vir my sleg verloop het”, sê Isao, “het ek huis toe gegaan en my woede op my gesin gekoel.” Soos ’n vulkaan wat nie uitgedoof kon word nie, is die onderwerp van egskeiding daagliks opgehaal.

Baie mans en vrouens het ’n ongelukkige huwelik. Hetsy hulle van mekaar skei of nie, hulle vind nie geluk nie. Is daar ’n manier waarop hulle ’n sukses van hulle huwelik kan maak? Wat kan gedoen word om hulle huweliksband te verstewig?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel