Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 7/15 bl. 32
  • “’n Teken uit die hemel”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “’n Teken uit die hemel”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 7/15 bl. 32

“’n Teken uit die hemel”

’N OU rympie sê: “Rooi lug by nag, seemanne lag,/Rooi lug by môre, seemanne besor’e.” Vandag word satelliete, rekenaargesteunde temperatuurstudies, Doppler-radar en ander wetenskaplike metodes aangewend om die weer te voorspel. Voorspellings kom dikwels ooreen met die rympie wat so pas aangehaal is.

Jesus Christus se godsdiensvyande het op ’n keer “’n teken uit die hemel”, ’n merkwaardige vertoning om te bewys dat hy die Messias is, van hom geëis. “In die aand”, het hy gesê, “sê julle: Mooi weer, want die lug is rooi. En in die môre: Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi. Geveinsdes, julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie? ’n Slegte en owerspelige geslag soek na ’n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van Jona.”—Mattheüs 16:1-4.

Jesus se vyande kon die weer voorspel, maar was nie in staat om geestelike sake te begryp nie. Byvoorbeeld, wat van “die teken van Jona”? Nadat God se profeet Jona drie dae in die maag van ’n yslike vis was, het hy in Ninevé gaan preek en sodoende ’n teken vir die hoofstad van Assirië geword. Jesus se geslag het “die teken van Jona” gehad toe Christus om en by drie dae in ’n graf was en opgewek is. Sy dissipels het bewys gelewer van hierdie gebeurtenis, en Jesus was dus ’n teken vir daardie geslag.—Mattheüs 12:39-41.

By ’n ander geleentheid het Jesus se dissipels hom gevra vir “die teken” van sy toekomstige “teenwoordigheid” in Koninkryksmag. In antwoord hierop het hy ’n samegestelde teken gegee wat uit verskeie kenmerke bestaan, onder andere ongeëwenaarde oorlog, groot aardbewings, voedseltekorte en wêreldwye verkondiging van God se opgerigte hemelse Koninkryk.—Mattheüs 24:3-14, NW.

Herken jy die teken van Christus se teenwoordigheid as onsigbare hemelse Koning? Die kenmerke daarvan word in hierdie geslag vervul (Mattheüs 24:34). En wat van die toekoms? Die Bybel openbaar nie net die feit dat die einde van hierdie stelsel van dinge op hande is nie, maar voorspel ook God se beloofde nuwe dag wat binnekort helder vir die mensdom gaan aanbreek.—2 Petrus 3:13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel