Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 5/15 bl. 32
  • “Gaan na die mier”—Waarom?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Gaan na die mier”—Waarom?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 5/15 bl. 32

“Gaan na die mier”—Waarom?

WYSE koning Salomo van eertydse Israel het hierdie raad gegee: “Gaan na die mier.” Waarom het hy dit gesê? Wat kan ons by miere leer?

Salomo het bygevoeg: “Kyk na [die mier se] weë en word wys! Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie, maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd” (Spreuke 6:6-8). Daardie woorde van lank gelede verwoord waarhede wat deur natuurkenners van vandag ontdek is.

Die spreukdigter Agur toon dat miere “instinktief wys” is (Spreuke 30:24, 25, NW). Hulle wysheid is natuurlik nie die resultaat van intelligente redenasie nie, maar spruit voort uit die instinkte wat die Skepper hulle gegee het. As gevolg van instink versamel miere, byvoorbeeld, hulle voedsel op die regte tyd.

Miere is wonderbaarlik georganiseer. Dit is merkwaardig hoe hulle met medewerkers saamwerk en vir hulle sorg deur beseerde of uitgeputte miere terug na die nes toe te help. Hulle maak instinktief voorsiening vir die toekoms en doen alles in hulle vermoë om hulle take uit te voer.

Die mier se natuurlike gedrag gee te kenne dat mense vooruit moet beplan en harde werkers moet wees. Dit geld by die skool, by die werk en in geestelike bedrywighede. Net soos die mier baat vind by sy vlytigheid wil God hê dat die mens ‘die goeie moet geniet by al sy moeitevolle arbeid’ (Prediker 3:13, 22; 5:18). Soos besige miere doen Christene ’n goeie dag se werk. Hulle ‘doen met mag alles wat hulle hand vind om te doen’, nie omdat ’n baas toesig hou nie, maar uit eerlikheid en met ’n begeerte om vlytige, nuttige werkers te wees.—Prediker 9:10; vergelyk Spreuke 6:9-11; sien ook Titus 2:9, 10.

Ons sal waarlik gelukkig wees as ons ‘na die mier gaan’ en toepas wat ons by hom leer. En ons sal die grootste geluk smaak as ons ywerig Jehovah God se wil doen, soos dit in die Bybel geopenbaar word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel