Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 2/15 bl. 32
  • Die vroegopstaner

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die vroegopstaner
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 2/15 bl. 32

Die vroegopstaner

VAN al die vrugtebome in die Mediterreense streek is die amandelboom een van die opvallendstes. Laat in Januarie of Februarie—lank voor die meeste ander bome—ontwaak hy uit sy wintertraagheid. En wat ’n ontwaking is dit tog! Die hele boom is in ’n mantel delikate pienk of wit bloeisels geklee waarvan laasgenoemde jou ’n bietjie aan die wit hare van ’n bejaarde laat dink.—Vergelyk Prediker 12:5.

Die eertydse Hebreërs het die amandelboom die “een wat ontwaak” genoem omdat hy so vroeg blom. Jehovah het hierdie kenmerk gebruik om ’n belangrike boodskap te illustreer. Aan die begin van sy bediening is daar vir Jeremia in ’n gesig ’n amandeltak gewys. Wat het dit beteken? Jehovah het verduidelik: “Ek bly wakker oor my woord om dit te volbring.”—Jeremia 1:12, NW.

Net soos die amandelboom vroeg ‘ontwaak’, so het Jehovah in ’n figuurlike sin “vroeg opgestaan” om sy profete na sy volk te stuur en hulle te waarsku oor die gevolge van ongehoorsaamheid (Jeremia 7:25, NW). En hy sou nie rus nie—hy sou ‘wakker bly’—totdat sy profetiese woord vervul is. So het dit dan in 607 v.G.J., op die vasgestelde tyd, gekom dat Jehovah se oordeel oor die afvallige nasie van Juda voltrek is.

God se Woord voorspel dat ’n soortgelyke oordeel oor die bose wêreld waarin ons lewe, gaan kom (Psalm 37:9, 10; 2 Petrus 3:10-13). Met verwysing na so ’n regterlike beslissing verseker die profeet Habakuk ons: “Want die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd . . . Wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie” (Habakuk 2:3). Die pragtige amandelbloeisel herinner ons daaraan dat Jehovah wakker sal bly wat sy woord betref sodat hy dit sal uitvoer.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

Pictorial Archive (Near Eastern History) Est.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel