Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w92 10/1 bl. 32
  • “Die hemele vertel . . .”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Die hemele vertel . . .”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
w92 10/1 bl. 32

“Die hemele vertel . . .”

Ongeveer 150 miljoen kilometer van waar jy jou nou bevind, skyn die son met ’n vurige skittering in die lug. Hoewel hy duisende jare lank as ’n god aanbid is, is ons skitterende hemelse buurman eerder ’n getuienis van die krag van sy Skepper, ‘die maker van hemel en aarde’ (Psalm 115:15, NW). Sy helderheid en warmte is noodsaaklik vir lewe op aarde. En wat wetenskaplikes omtrent hom te wete gekom het, vul ons met verwondering.

Daar word vir ons gesê dat die son ontsaglike hoeveelhede energie produseer. Het jy besef dat minder as ’n halwe miljardste van die hitte en lig wat hy vervaardig deur die aarde opgevang word? Tog kom daardie breukdeel te staan op ’n reusagtige 240 000 000 000 000 perdekrag!

Hoe wek die son al daardie energie op? Deur middel van ’n ontsaglike kernsmeltoond in sy kern wat elke sekonde ongeveer vier miljoen klein ton waterstof verbruik. Gelukkig vir die mensdom is daar genoeg brandstof in die son om hierdie proses miljarde jare lank aan die gang te hou.

Van die dinge wat wetenskaplikes ontdek het, laat verdere vrae ontstaan. Die son vibreer byvoorbeeld voortdurend soos ’n metaalplaat wat met ’n hammer geslaan word. Waarom? Dink ook hieroor na: Die son se brandende kern is sy warmste deel, en hoe verder ’n laag van die kern af is, hoe koeler is dit. Maar wanneer ons kom by die buitenste laag van die son se atmosfeer, die korona, verander dit. Die korona is warmer as lae wat nader aan die brandende kern is. Waarom?

Verder, terwyl die son—soos die aarde—draai, draai verskillende dele teen verskillende snelhede. Die oppervlak draai byvoorbeeld vinniger as die binneste lae. Waarom? En hoe is dit moontlik? Dan is daar die sonvlekke. Hierdie vlekke op die son se oppervlak kom en gaan in ’n gereelde siklus van 11 jaar. Waarom verander hulle so reëlmatig?

Hoewel daar nog baie is om oor die son te wete te kom, laat dít wat ons reeds weet ons met ontsag na sy Skepper, Jehovah, kyk. Elke keer wanneer ons die son sien, word ons daaraan herinner dat ‘die hemele die eer van God vertel, en die uitspansel die werk van sy hande verkondig’.—Psalm 19:2.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel