Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 2/15 bl. 30
  • Hulle laat hulle lig in Indië skyn

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle laat hulle lig in Indië skyn
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Laat julle lig skyn’ sodat Jehovah verheerlik kan word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • ‘Laat julle lig skyn’
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • “Laat julle lig . . . skyn”
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Laat jou lig voortdurend skyn
    Ons Koninkryksbediening—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 2/15 bl. 30

Koninkryksverkondigers berig

Hulle laat hulle lig in Indië skyn

DIE goeie nuus van die Koninkryk word in Indië deur 11 524 vreugdevolle Getuies verkondig (Mattheüs 24:14). Die 1 066 wat gedurende die 1991-diensjaar gedoop is, is Koninkryksverkondigers wat hulle lig voor ander laat skyn. Hoe verheug was almal tog toe 28 866 die herdenking van Christus se dood bygewoon het!

◻ Baie hoor vir die eerste keer van die Koninkrykshoop deur informele getuieniswerk. ’n Getuie het byvoorbeeld met sy werkmaats, wat ook timmermanne is, oor die Koninkryk gepraat. Een van sy werkmaats het belangstelling getoon en begin om sy lig voor sy familie en vriende te laat skyn. Hulle het hierdie wonderlike Koninkryksboodskap met vreugde aan ander oorgedra. Volgens verslae het daar binne die bestek van net ’n paar jaar ‘meer as 30 mense die waarheid aangeneem’. Jehovah het hom en sy nuwe geestelike broers geseën omdat hulle hulle lig laat skyn het.

◻ ’n Jong broer in ’n ander gemeente het sy lig laat skyn deur informeel vir sy skoolmaats te getuig. Party van hulle het in die Koninkrykshoop belanggestel, en hy het dikwels tot ná middernag die Bybel aan hulle verduidelik. Een van hulle, ’n Katoliek, het sy standpunt vir die waarheid ingeneem ondanks die feit dat die priester hom gewaarsku het dat dit ernstige gevolge sal hê as hy met die Getuies bly assosieer. Die leerling was egter daarvan oortuig dat hy Bybelwaarheid by die Getuies leer, en hy het voortgegaan om kennis in te neem. Mettertyd is hy gedoop, en hy dien nou as ’n bedieningskneg in die gemeente. Hy verbly hom in die hoop wat deur die wonderlike lig van die waarheid sigbaar word!—Romeine 12:12.

◻ ’n Bekende leerling, ’n ateïs, het ook na hierdie jong Getuie geluister. Hy het altyd diegene gespot wat sê dat hulle in God glo, maar op ’n dag het hy aan die bespreking deelgeneem en baie vrae gevra. Hy was verbaas toe hy logiese antwoorde op al sy vrae gekry het, en hy het tot die slotsom gekom dat die Bybel God se Woord is. Hy het meer Bybelkennis opgedoen en is uiteindelik gedoop. Sy vader, ’n Hindoe, het hom so kwaai teëgestaan dat hy hom sy huis belet het. Maar hierdie jong man se standpunt vir die waarheid is beloon toe twee van sy broers en twee van sy vriende die waarheid aangeneem het en gedoop is. Sy een broer dien tans by die takkantoor in Indië.

◻ ’n Skoolleier het ook aan die besprekings met die jong Getuie begin deelneem. Hy was ’n kettingroker en ’n kwaai drinker. Op ’n tydstip wou hy twee skoolmaats slaan wat die waarheid by die Getuie geleer het. Omdat hulle die waarheid aangeneem het, het hulle geweier om aan ’n skoolstaking deel te neem en wou hulle ook nie bloed skenk gedurende ’n bloedskenkingsveldtog waarin die skoolleier die voortou geneem het nie. Hierdie jong man is nou verheug om ’n ligdraende Getuie van Jehovah te wees.

◻ Die leerling wat in die begin sy lig laat skyn het deur informeel te getuig, het altesaam 15 van sy skoolmaats gehelp sodat hulle hulle toegewy en laat doop het.

Dit is ’n vreugde om te sien hoe talle mense in hierdie uitgestrekte land die Bybel se hoop van God se nuwe wêreld aanneem en hoe hulle by die wêreldwye broederskap aansluit wat Jehovah God versamel om vir ewig onder sy Koninkryk te lewe.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel