Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w92 7/1 bl. 20
  • Goeie nuus uit Oos-Europa

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Goeie nuus uit Oos-Europa
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • “Uit die mond van kinders”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Liefde verenig gesinne
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Bybelwaarheid bring gesinseenheid en geluk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Waarom hou meisies nie van my nie?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
w92 7/1 bl. 20

Koninkryksverkondigers berig

Goeie nuus uit Oos-Europa

TALLE opwindende dinge gebeur tans in die teokratiese veld in Oos-Europa. Een besondere gebeurtenis was die internasionale byeenkoms in Zagreb, 16-18 Augustus 1991, toe 7 300 Getuies hulle broers uit 15 lande hartlik verwelkom het. Altesaam 14 684 het die byeenkoms bygewoon. Dit was ’n pragtige betoning van liefde en eenheid in ’n land wat deur onrus geteister word!

Die Getuies in Oos-Europa vertel aan ander die goeie nuus van Jehovah se Koninkryk, wat hulle besef die enigste hoop op ware vrede is. In sommige dele is dit ’n uitdaging om hulle neutrale standpunt te handhaaf. Mense luister nietemin dikwels, en die Getuies rapporteer talle goeie ondervindings.

In een dorp het ’n 16-jarige meisie die goeie nuus by die enigste Getuie van Jehovah in daardie dorp gehoor. ’n Gereelde Bybelstudie is begin, en haar waardering vir die waarheid het toegeneem. Sy het ’n groot begeerte gehad om ander te vertel van die wonderlike dinge wat sy geleer het, en sy het gevolglik met haar skoolmaats daaroor probeer praat, maar hulle het haar teëgestaan en gespot. Een skoolmaat het haar veral teëgestaan, maar was verbaas en beïndruk oor sy so geduldig was, aangesien die jong Bybelstudent ten spyte van al die beledigings nie kwaad geword het nie. Later het hierdie meisie ’n deegliker getuienis ontvang, en sy het besef dat haar gesindheid verkeerd was. ’n Bybelstudie is met haar begin, en toe het die oorspronklike Bybelstudent en haar nuwe metgesel hulle geluk met ander probeer deel, ten spyte van teenkanting van hulle ouers, hulle onderwyser en hulle skoolmaats.

As gevolg van hulle getuienis het nog ’n skoolmaat die waarheid aangeneem. Toe was daar drie van hulle in die klas, en hulle het al drie ’n goeie voorbeeld gestel deur gewillig te wees om ander te help en deur liefde onder mekaar te betoon. Toe het nog ’n meisie by hulle aangesluit.

Nou was daar vier wat op die bank op die skoolwerf gesit het waar hulle die Bybel saam bespreek het. En tot baie se verbasing het hulle al hoe meer geword. Nog ’n meisie uit die klas, wat deur hulle goeie gedrag beïndruk is, het besluit om by die Bybelstudie aan te sluit. Hulle vyf het ander, leerlinge en onderwysers, bly uitnooi om ook by hulle aan te sluit. Die meisies het egter steeds groot druk van hulle ouers ondervind. Die ouers het hard probeer om die meisies te dwing om hulle Bybelstudie te staak deur hulle lektuur te vernietig en hulle te mishandel.

Wat was die gevolg van hierdie getuienis wat deur net een jong belangstellende begin is? Een van die meisies is by die streekbyeenkoms in 1990 gedoop, en die ander vier by ’n kringbyeenkoms in die lente van 1991. Dit het groot vreugde meegebring! Vandag dien al vyf meisies as gewone pioniers! Daar is tans 11 verkondigers, waarvan 8 in die pionierdiens is, in die dorp waar dit alles plaasgevind het.

Jehovah onderskraag en seën sy Getuies in Oos-Europa. Daar is duidelik groot potensiaal vir vermeerdering onder die regskapenes in hierdie deel van die wêreld.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel