Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w92 4/15 bl. 32
  • Gibeoniete—Hulle het vrede nagejaag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gibeoniete—Hulle het vrede nagejaag
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
w92 4/15 bl. 32

Gibeoniete—Hulle het vrede nagejaag

DAAR word gesê dat die stad op die heuweltop hierbo op dieselfde plek as eertydse Gibeon staan, sowat tien kilometer noord van Jerusalem.

Jy weet waarskynlik dat Gibeon op die voorgrond gekom het kort nadat Josua Israel in die Beloofde Land ingelei en Jerigo verslaan het. Die Kanaäniete van Gibeon het besef dat hulle nie teen Israel, wat klaarblyklik goddelike steun gehad het, weerstand kon bied nie. Wat het hulle te doen gestaan? Die Gibeoniete het met lis gehandel en verteenwoordigers gestuur wat voorgegee het dat hulle van ’n land ver daarvandaan kom. Hierdie poging tot vrede was geslaagd, want Israel het ’n verbond met hulle gesluit. Toe hulle lis ontdek is, het die Gibeoniete houtkappers en waterputters geword.

God was blykbaar nie ontevrede met hierdie volk wat vrede nagejaag het nie. Hy het Josua gesteun in sy verdediging van die Gibeoniete toe hulle deur vyf konings aangeval is. Jehovah het selfs ’n wonderwerk verrig deur die tydperk van daglig te verleng vir daardie stryd.—Josua 9:3-27; 10:1-14.

Opgrawers het ’n diep put, of dam, op hierdie heuweltjie aangetref wat deur soliede rots gegrawe is. Die Gibeoniete kon met trappe hierin afklim en water in ’n ondergrondse kamer kry. Kon dit “die dam van Gibeon” gewees het waarvan daar in 2 Samuel 2:13 melding gemaak word? Argeoloë het ook kelders wat deur rots gegrawe is en heelwat wynmaaktoerusting ontdek. Ja, dit lyk of Gibeon ’n wynmaaksentrum was.

In Dawid se tyd het die tent, of tabernakel, van die ware God hier gestaan. Koning Salomo het hierheen gekom om offerandes te bring. Jehovah het in ’n droom aan Salomo verskyn en hom “’n wyse en verstandige hart” sowel as rykom gegee (1 Konings 3:4-14; 2 Kronieke 1:3). Die artikel op bladsye 12-17 van hierdie tydskrif toon dat die afstammelinge van die volk wat hier in Gibeon gewoon het later veral onder God se volk groot voorregte geniet het. Weet jy hoe?

[Foto-erkenning op bladsy 32]

Pictorial Archive (Near Eastern History) Est.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel