‘’n Ware mosaïek’
Só het ’n leser uit Argentinië die boek Die mensdom se soeke na God, wat onlangs uitgegee is, beskryf. “Dit bevat ’n verskeidenheid vorme en elemente, net soos ’n mosaïek”, het hy geskryf. “Soos ’n mosaïek ’n inlegwerk van verskeie elemente is, bevat hierdie boek so ’n groot verskeidenheid onderwerpe en verduidelikings oor godsdiens dat dit die leser verras.”
“Westerse waarnemers is oor die algemeen heeltemal oningelig omtrent Oosterse opvattings en hulle oorspronge.” Maar soos hierdie waarderende leser opmerk, behandel hierdie boek alles “van Hindoeïsme tot Sionisme, van Boeddhisme en die sektes van die Christendom tot tallose ander godsdiensidees. Vir enigiemand wat godsdienste ondersoek”, verduidelik hy, “is dit ’n mosaïek van hulp.”
Die meeste mense ken slegs die godsdiens van hulle ouers, en dit dikwels net oppervlakkig. Maar moet jou godsdiens eenvoudig die een te wees waarin jy gebore is, of behoort jy ’n intelligente keuse te maak nadat jy jou godsdiens met dié van ander vergelyk het? Die boek met 384 bladsye Die mensdom se soeke na God sal jou help om hierdie vergelyking te maak. Dit kan jou ook na die ware God toe lei.
Ek wil graag die studieboek met 384 bladsye en kleurillustrasies Die mensdom se soeke na God ontvang. (Skryf buite die RSA aan die plaaslike Wagtoringtak vir inligting. Sien bladsy 2.)