Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 11/15 bl. 32
  • ‘Die boek verdwyn gedurig’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Die boek verdwyn gedurig’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 11/15 bl. 32

‘Die boek verdwyn gedurig’

Dit is wat ’n hoërskoolonderwyseres in Suid-Kalifornië, VSA, sê oor die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk. Die skool het ’n daaglikse leesperiode ingestel waartydens die leerlinge enigiets kan lees waarvan hulle hou. Sy het lektuur, onder andere die Jongmense vra-boek, neergesit vir leerlinge wat niks gebring het om te lees nie.

“Die boek het die gewildste boek in die klas geword”, verduidelik sy. “Dit verdwyn vir ’n paar uur op ’n keer, of selfs vir ’n dag of twee, en kom dan terug. Die leerlinge vra hulle vriende: ‘Het jy dit gelees?’ of hulle sê: ‘Dit is ’n goeie boek.’ Nadat hulle punte in die boek vir hulle vriende gewys het, gaan hulle aan en lees verder.

“Bladsye is omgevou, en ’n mens kan sien die boek is al goed gebruik. Die hoofstuk wat die meeste gelees word, is nommer 23: ‘Wat van voorhuwelikse seks?’ Die leerlinge hou van die prente, en hulle kan hulle met die opskrifte vereenselwig. Ek het een leerling die hoofstuk ‘Waarom is Pa en Ma uitmekaar?’ sien lees.

“Na ’n ruk het die eerste boek verdwyn, en daarom het ek nog een uitgehaal. Toe het die eerste boek teruggekom, en nou is daar twee. Drie of vier maande het verbygegaan sedert ek die eerste boek neergesit het, en hulle word steeds gelees.”

Ander hoofstukke onder die 39 in die boek is “Hoe kan ek ware vriende maak?”, “Hoe belangrik is die uiterlike?” en “Hoe weet ek of dit ware liefde is?” As jy graag ’n eksemplaar van hierdie boek met sy mooi illustrasies wil ontvang, moet jy die vorm invul en dit pos.

Ek wil graag die hardebandboek met 320 bladsye Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk ontvang. (Skryf buite die RSA aan die plaaslike Wagtoringtak vir inligting. Sien bladsy 2.)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel