Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 10/15 bl. 32
  • “Dit het my wakker geskud”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Dit het my wakker geskud”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 10/15 bl. 32

“Dit het my wakker geskud”

Dit is wat ’n vrou van die staat Washington, VSA, oor die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? gesê het. Sy het verduidelik:

“Een van Jehovah se Getuies het my vier jaar lank gereeld besoek en nommers van Die Wagtoring en die Ontwaak! by my gelaat. Sy het my aangemoedig om te studeer. Sy het my uiteindelik so ver gekry om die Skepping-boek te lees, en dit het my oë laat oopgaan. Sy het my aangemoedig om te bid, en dit het die deurslag gegee. Hierdie boek het alle twyfel uit die weg geruim, en gebed het hulp van Jehovah af gebring. . . . 

“Ek weet nou dat God werklik bestaan. Ek ken sy naam, Jehovah. Ek weet dat hy gebede verhoor. Ek weet waarom dinge is soos dit is. Ek het vrede, en my vrede neem elke week toe namate ek meer leer.”

Hierdie pragtige boek, met sy juiste beskrywings van die heelal en al die ingewikkelde besonderhede wat lewe op die aarde moontlik maak, sal jou boei. Jy kan ’n eksemplaar ontvang deur die bygaande koepon in te vul en te pos.

Ek wil graag die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? ontvang. (Skryf buite die RSA aan die plaaslike Wagtoringtak vir inligting. Sien bladsy 2.)

[Prent op bladsy 32]

Evolusioniste sê: “Dit verg nie baie verbeelding om ’n veer as ’n gewysigde [reptiel]skub te sien nie.” Die feite toon die teendeel

Skag

Spriete

Baardjies

Ritshakies

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel