Sal jy ’n besoek verwelkom?
Verlede jaar het ’n vrou van Corpus Christi, Texas, VSA, aan die Wagtoringgenootskap in Brooklyn, New York, geskryf en gesê: “My naam is Emily, en ek het die lektuur wat Jehovah se Getuies my ’n paar weke gelede gegee het, bestudeer. Nadat ek die tydskrifte gelees en hulle met my Familiebybel vergelyk het, het ek gesien dat die Rooms-Katolieke Kerk glad nie leer wat in die Heilige Bybel staan nie. Hulle praat nooit van God se naam of van God se komende Koninkryk nie, wat ek gevind het die fundamentele onderwerpe in my Bybel is. Ek gaan nie meer na my familiekerk toe nie en het die Bybel begin studeer, danksy julle waarheidsgetroue lektuur.
“Ek sal graag met ’n plaaslike gemeente van Jehovah se Getuies wil begin omgaan. Stuur asseblief ’n boodskap aan hulle om na my huis toe te kom sodat ons kan gesels.”
Een van Jehovah se Getuies sal jou ook graag wil besoek en jou wil help om meer kennis op te doen van God, sy Koninkryk en sy voornemens, soos opgeteken in die Bybel. Vul eenvoudig die verlangde inligting hieronder in en pos dit aan die adres op die koepon as jy van hierdie diens gebruik wil maak.
Ek wil graag meer oor die Bybel weet. Reël asseblief dat iemand my kom besoek.