Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 7/1 bl. 32
  • “Waarom sterf babas?”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Waarom sterf babas?”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 7/1 bl. 32

“Waarom sterf babas?”

Dít is wat ’n familie wou weet wat twee klein kindertjies verloor het. ’n Man van Willowick, Ohio, VSA, het verduidelik:

“Onlangs het ’n tragedie my familie getref. My suster het haar twee klein kindertjies in ’n verskriklike motorongeluk verloor. Die hele familie was verpletter. Hulle Baptiste-predikant het vir hulle geen skriftuurlike troos gebied nie. Al wat hy kon sê, was: ‘Dit was God se wil’ en, ‘God het nog twee engeltjies nodig gehad.’

“Hoewel daar nie juis tyd was vir navorsing nie, het ek die onderwerp ‘Waarom sterf babas?’ in die boek Redenering uit die Skrif nagegaan. Gedurende die daaropvolgende dae en weke kon ek en my vrou betroubare antwoorde aan my familie gee op baie van hulle vrae soos: ‘Waarom sterf babas?’ ‘Is dit God wat kinders van hulle ouers af wegneem?’ en, die allerbelangrikste, ‘Watter hoop is daar om hierdie lieflike kinders weer te sien?’ My ouers het gesê dat hulle graag in die toekoms na die Koninkryksaal wil kom.”

Redenering uit die Skrif bevat meer as 70 hoofonderwerpe. Onder hulle is “Dood”, “Hel”, “Siel”, “Wegraping”, “Reïnkarnasie”, “Seks”, “Spiritisme” en baie ander. Sy register van sewe bladsye oor onderwerpe en tekste kan ’n mens help om antwoorde gou te vind. Vul net die koepon in en pos dit as jy graag ’n eksemplaar wil ontvang.

Ek wil graag die hardebandboek met 448 bladsye Redenering uit die Skrif ontvang. (Skryf buite die RSA aan die plaaslike Wagtoringtak vir inligting. Sien bladsy 2.)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel