’n Oggend van kalmte
’n Leser in Illinois, VSA, het gesê dat die Ontwaak! dié kalmte voorsien het. “Ek is aangenaam verras nadat ek ’n nommer van julle Ontwaak! gelees het”, het die persoon geskryf. “’n Vrou het vanoggend by die stasie vir my die tydskrif gegee. Dit het my kalm en rustig laat voel, en dit is baie leersaam. Laat my asseblief weet hoe ek die nommers van die publikasie gereeld kan kry.
“Ek sê weer eens dankie dat ek ten minste een oggend van kalmte gehad het.”
Ons meen dat jy ook baat sal vind by die fassinerende artikels in die Ontwaak! As jy hierdie tydskrif graag wil ontvang, moet jy eenvoudig die bygaande koepon invul en pos.
Ek wil graag hê dat die Ontwaak! na my huis gestuur moet word. (Skryf buite die RSA aan die plaaslike Wagtoringtak vir informasie. Sien bladsy 2.)