Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 5/1 bl. 24
  • Jehovah voorsien verligting

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah voorsien verligting
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Liefde lei tot ’n hegter band van eenheid
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Die noodlenigingsbediening
    God se Koninkryk regeer!
  • Wanneer die reën nie kom nie
    Ontwaak!—1999
  • Hoe slagoffers van rampe gehelp word
    Hoe jou donasies gebruik word
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 5/1 bl. 24

Koninkryksverkondigers berig

Jehovah voorsien verligting

JEHOVAH SE GETUIES in Suid-Afrika het onlangs gehoor van die haglike toestand van hulle geestelike broers in ’n naburige land, waar hulle predikingswerk verbied word. Hulle is meegedeel dat hulle broers weens die ernstige droogte aan die lewe bly deur sekere wortels te eet. Hulle het ook nie behoorlike klere gehad nie, wat party Getuies laat huiwer het om aan die veldbediening deel te neem.

Die broers in Suid-Afrika het onmiddellik daarop gereageer. Die plaaslike gemeentes in Johannesburg en omstreke is in kennis gestel dat klere nodig is. Binne enkele dae is drie ton klere geskenk. Vrywilligers het toe die artikels gesorteer. Reëlings is getref om 3 ton boontjies, 1 ton olie, 1 ton seep en 17 ton mieliemeel aan hulle te stuur. Toe die maatskappy wat die mieliemeel verskaf het, hoor wat die toestand van die Getuies in die droogtegeteisterde land is, het hulle meer as ’n ton van hierdie noodsaaklike voedsel geskenk.

Op Maandag, 16 April 1990, het ’n vragmotor met 25 ton noodlenigingsvoorrade op sy reis van 5 500 kilometer uit Suid-Afrika vertrek. Maar nou moes toestemming by die owerhede verkry word om die voorrade deur hulle oorloggeteisterde land te vervoer.

Die owerheid by die konsulaat het gesê dat hoewel Jehovah se Getuies nie in hulle land erken word nie, hulle deeglik bewus is van hulle teenwoordigheid. Hulle het geen beswaar gehad dat die noodlenigingsvoorrade aan ons broers gestuur word nie. Toestemming is verkry. Die vereiste dokumente is uitgereik, en op Vrydag, 20 April, het die Getuies die grens sonder probleme oorgesteek. Hulle het nietemin meer as 30 padversperrings teëgekom waar hulle dikwels hulle dokumentasie moes toon. Eers tóé het hulle besef hoe belangrik daardie dokumente is.

Nadat hulle ongeveer 140 kilometer in die land ingery het, is hulle deur ’n groot rivier in vloed gestuit. Die oorspronklike brug is verwoes, en ’n groot vragmotor kon nie die tydelike struktuur in die plek van die brug gebruik nie. Maar hulle het gevind dat die kleiner voertuig wat saam met hulle was veilig oor die oorstroomde brug kon gaan. Hulle het besluit om in twee groepe te verdeel. Daar is vir die een groep langs die vol rivier kamp opgeslaan, terwyl die ander groep verder gereis het om die broers ongeveer 260 kilometer verder noord te ontmoet. Hoe bly was hulle tog toe hulle uiteindelik by die broers uitgekom het! Hulle kon nie ophou om te glimlag, mekaar te omhels en hande te skud nie. Spoedig was twee plaaslike vragmotors op pad na die ander groep broers wat by die rivier gewag het. Daar is die noodlenigingsvoorrade van die groot vragmotor in die twee kleiner vragmotors oorgepak.

In verslae wat ontvang is, toon die broers diep dankbaarheid vir die feit dat Jehovah noodlenigingsmiddele voorsien het. Maar ondanks die broers se liggaamlike toestand het hulle ’n selfs groter begeerte vir geestelike voedsel gehad. Een gemeente het net een Wagtoring gehad waarvan daar vir elke gesin ’n afskrif gemaak moes word. Danksy Jehovah word daar nou reëlings getref om ’n gereelde voorraad geestelike voedsel aan die broers in daardie land te voorsien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel