Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 4/1 bl. 30
  • Die politiek—’n Deel van die evangelie-opdrag?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die politiek—’n Deel van die evangelie-opdrag?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 4/1 bl. 30

Die politiek—’n Deel van die evangelie-opdrag?

VOLGENS Joachim Meisner, aartsbiskop van Keulen en vroeër ’n vername Oos-Duitse geestelike, “is dit kettery om te sê die politiek is ’n vuil spel waarmee ’n mens jou hande besmeer”. In ’n onderhoud wat in 1989 gevoer is, het hy gesê: “Die politiek is ’n werklikheid van die lewe en maak dus deel uit van ons evangelie-opdrag. Ons moet die uitdaging aanvaar. Ons moet alle politieke instellings, van vakbonde en -verenigings tot politieke partye, op ’n positiewe wyse infiltreer en sodoende in hierdie bewegings en partye ’n Christelike karakter skep wat individue na vore laat tree om die leiding in die bevordering van die Duitse en Europese politiek te neem.”

Die volgende aanhalings uit die Frankfurter Allgemeine Zeitung, ’n gesaghebbende Duitse koerant, toon dat baie Europese geestelikes—Katoliek sowel as Protestants—Meisner se beskouing deel.

“Net ses dae na hy verkies is [Oktober 1978], het hy [die pous] aangekondig dat hy as Oos-Europeër nie van plan is om die status quo in Europa te aanvaar nie. . . . Sommige het dit as ’n preek beskou, maar dit was ’n politieke program.”—November 1989.

“Op party plekke [in Tsjeggo-Slowakye] het die kerk hoë aansien verkry as baanbreker in die omwenteling. Studente aan die seminarie vir priesters in Litomĕr̆ice, ’n katedraaldorp in die noorde van Boheme, . . . het verlede November se geweldlose revolusie gelei.”—Maart 1990.

“Die weeklikse gebed om vrede in die [Protestantse] Nikolai-kerk, wat tien jaar lank min aandag getrek het, het skielik hierdie jaar ’n simbool van omwenteling geword, van die vreedsame revolusie in die DDR [Duitse Demokratiese Republiek]. . . . Tallose geestelikes en gemeentelede neem gereeld deel aan die betogings wat ná die tyd gehou word.”—Desember 1989.

Aartsbiskop Meisner het in sy onderhoud ook gesê: “Ons kan nie wag dat Christelike politici uit die hemel val nie. . . . Ek raak nooit moeg daarvan om jong Christene aan te moedig . . . om by die politieke lewe betrokke te raak nie [of om] . . . vir seniorburgers te sê: Julle moenie toelaat dat ’n verkiesing verbygaan sonder om daarby betrokke te raak nie.”

Gevolglik was 19 van die lede wat in Maart 1990 tot die Oos-Duitse Volkskammer (parlement) verkies is geestelikes. Godsdiens is ook goed verteenwoordig in die kabinet. Die koerant Nassauer Tageblatt het die volgende oor een van die kabinet se drie geestelikes, die minister van verdediging Rainer Eppelmann, ’n verklaarde pasifis, geskryf: “Baie beskou hom as een van die vaders van die vreedsame revolusie.”

Jehovah se Getuies in Oos-Europa, wat honderdduisende tel, is verheug oor die groter godsdiensvryheid wat hulle nou geniet. Maar hulle gebruik dit nie om by politieke of maatskaplike geskille betrokke te raak nie. In ooreenstemming met die evangelie-opdrag wat in Mattheüs 24:14 opgeteken is, volg hulle Jesus se voorbeeld na deur mensepolitiek te vermy, terwyl hulle ywerig aanhou om die goeie nuus van God se Koninkryk as die mens se enigste hoop te verkondig. Dit sal verstandig wees as die geestelikes van die Christendom—of hulle nou in Oos-Europa of elders is—op ’n soortgelyke wyse optree.—Johannes 6:15; 17:16; 18:36; Jakobus 4:4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel