Miljoene sal gaan. Sal jy gaan?
Waarheen? Na die jaarlikse herdenking van Jesus Christus se dood. In 1990 het altesaam 9 950 058 hierdie herdenking wêreldwyd bygewoon. Waarom gaan mense na hierdie herdenking? Omdat die dood van Christus so baie vir die mensdom beteken. Dit beteken dat bevryding van siekte, lyding en die dood ophande is. Selfs geliefdes wat gesterf het, sal opgewek word tot lewe op ’n herstelde paradys op aarde. Hoe kan Jesus se dood sulke seëninge bring? Jy word uitgenooi om dit uit te vind. Jehovah se Getuies wil graag hê dat jy saam met hulle moet wees tydens hierdie belangrike gebeurtenis. Woon dit by die naaste Koninkryksaal by. Hierdie jaar is die datum Saterdag, 30 Maart, ná sononder. Maak by die plaaslike Getuies seker presies hoe laat dit gehou sal word.