“Nuttig as rigsnoere vir die daaglikse lewe”
Dit is wat ’n vrou van Toronto, Kanada, die publikasies van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap genoem het. “Ek geniet dit om hulle te lees en vind die materiaal uiters insiggewend, sielverkwikkend en bowenal uiters nuttig as rigsnoere vir die daaglikse lewe.”
Sy het bygevoeg: “Ek het ’n graad aan ’n universiteit verwerf, en ek moet tot my ontsteltenis erken dat ek baie meer deur julle publikasies geleer het as deur al die jare wat ek gestudeer het. Ek het veral julle boek Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou geniet. Geen ander publikasies het so ’n positiewe uitwerking op my lewe gehad as julle s’n nie—hulle het my baie gehelp; en hiervoor bedank ek julle opreg.”
Die bogenoemde boek, Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou, gee spesifieke wenke wat help om probleme op te los en die huwelik so genotvol te maak soos die Skepper bedoel het dit moet wees. Vir jou eksemplaar, vul die bygaande koepon in en pos dit.
Ek wil graag die hardebandboek met 192 bladsye Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou ontvang. (Skryf buite die RSA aan die plaaslike Wagtoringtak vir inligting. Sien bladsy 2.)