“Ek was woedend”
’n Vyftienjarige meisie van Knoxville, Tennessee, het geskryf: “Ek wou julle graag bedank vir julle nuwe boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk. Ek het dit baie geniet om hierdie boek te lees.”
Dan verduidelik sy wat haar hierdie brief laat skryf het: “Ek was woedend vir my broer omdat hy stories aangedra het oor iets wat ek veronderstel was om by die huis te doen en nie gedoen het nie. Noudat ons dit uitbaklei het, voel ek skuldig en het ek boontoe gekom om in my kamer aan julle te skryf en om ‘Waarom is dit so moeilik om met my broer en suster oor die weg te kom?’ (Hoofstuk 6) te lees. Ek weet dat dit my sal help om in die toekoms probleme die hoof te bied.”
Jongmense kom voor baie vrae te staan wat gesonde oordeel verg: Is ek gereed om afsprake te maak? Hoe kan ek oor verliefdheid kom? Wat van voorhuwelikse seks? Hoe weet ek of dit ware liefde is? Watter loopbaan moet ek kies? Hoe kan ek portuurdwang die hoof bied? Vir sulke en ander vrae het jongmense antwoorde nodig wat werk.
Ons dink dat jy grootliks sal baat vind by die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, wat ’n hoofstuk oor elk van hierdie vrae het. Jy kan ’n eksemplaar van hierdie aantreklik geillustreerde boek ontvang deur hierdie koepon in te vul en te pos.
Ek wil graag die hardebandboek met 320 bladsye Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk ontvang. (Skryf buite die RSA aan die plaaslike Wagtoringtak vir inligting. Sien bladsy 2.)