Hoe kan ek portuurdwang die hoof bied?
’n Brief van ’n polisiebeampte van Chicago toon hoe belangrik dit is om die antwoord te ken. Hy skryf:
“Op 15 Januarie 1990 het ek ’n 18-jarige gevangene opgeneem wat ’n voortvlugtige was en van Mississippi na Chicago teruggebring is. Die opname behels onder andere om al die gevangene se goed by hom weg te neem. Hy het ’n Jongmense vra-boek by hom gehad.
“‘Het jy hierdie boek gelees?’, het ek gevra.
“‘Ja’, het hy geantwoord, ‘terwyl ek in Mississippi weggekruip het, het ek op ’n plaas gewerk en twee van Jehovah se Getuies het hierdie boek vir my gegee.’ Toe het hy begin huil en byna onbedaarlik gesnik. Tussen die snikke deur het hy gesê: ‘Ek het die boek al talle kere gelees, en die hoofstuk wat ek oor en oor lees, is: “Hoe kan ek portuurdwang die hoof bied?”’ Hy het bygevoeg: ‘As ek tog net drie of vier jaar gelede hierdie informasie gehad het, sou ek nie vandag hier gewees het nie.’
“Die gevangene is weggeneem, en ek het die polisieverslag en die bekentenis wat hy aan die polisie gedoen het, gelees. Daarin het hy gesê: ‘Die leier van my bende het my aangesê om met die straat af te gaan en ’n lid van ’n mededingende bende te skiet wat in ons gebied kokaïen verkoop. Ek het gemaak soos ek gesê is. Ek was bang dat die ander bendelede sou dink dat ek nie ’n man is nie. Ek wou aanvaar word.’”
Dalk het jy jou ook al vrae afgevra soos: Hoe kan ek portuurdwang die hoof bied? Moet ek die skool verlaat? Hoe kan ek nee sê vir voorhuwelikse seks? Waarom nee sê vir dwelms? Dit is net ’n paar van die onderwerpe wat in Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk bespreek word. As jy daarin belangstel om ’n eksemplaar van hierdie aantreklik geïllustreerde boek met 320 bladsye te ontvang, kan jy die koepon invul en pos.
Ek wil graag die hardebandboek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk ontvang. (Skryf buite die RSA aan die plaaslike Wagtoringtak vir informasie. Sien bladsy 2.)