Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 1/1 bl. 30
  • Hy het ’n traktaat langs die spoor gevind

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy het ’n traktaat langs die spoor gevind
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 1/1 bl. 30

Hy het ’n traktaat langs die spoor gevind

DIT was die jaar 1921. Op die hoëveld in Transvaal was ’n span spoorwerkers besig met instandhouding en het hulle geleidelik al met die spoorlyn langs af beweeg. Die ploegbaas, ’n Afrikaner met die naam Christiaan Venter, het ’n stukkie papier opgemerk wat onder ’n spoorstaaf vasgesteek het. Dit was ’n traktaat wat deur die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap uitgegee is.

Nadat hy sy manne aangesê het om hulle werk te staak, het Christiaan die traktaat met groot belangstelling gelees. Hy het sy skoonseun, Abraham Celliers, tegemoet gehardloop en opgewonde uitgeroep: “Abraham, vandag het ek die waarheid gevind!”

Kort daarna het hulle aan die uitgewers van die traktaat geskryf om meer inligting te kry. Die Suid-Afrikaanse tak van die Wagtoringgenootskap het daarop aan hulle nog Bybellektuur gestuur. Die twee mans het dit gedurende hulle etensuur en tot laat in die nag saam gestudeer. Hulle het gou met vriende en vreemdelinge oor die waarheid begin praat.

Mettertyd het Christiaan en Abraham albei toegewyde Getuies van Jehovah geword. As gevolg van hulle ywer en getrouheid is baie Suid-Afrikaners gehelp om tot ’n kennis van die waarheid te kom. Daarbenewens is meer as honderd van hulle nageslag vandag Getuies van Jehovah! Een van hulle dien by die Wêreldhoofkwartier van Jehovah se Getuies in Brooklyn, New York, en ’n ander een in die Wagtoringgenootskap se kantoor in Suid-Afrika.

Vandag, sowat 70 jaar later, speel Bybeltraktate steeds ’n belangrike rol in die verkondiging van die Koninkryksboodskap.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel