Hy “het die goeie stryd gestry”
Broer F. E. Skinner het sy aardse loopbaan op 4 Julie 1990 voltooi. Edwin Skinner was 96 jaar oud en het die belange van Jehovah se Koninkryk sedert Julie 1926 voltyds in Indië bevorder. Hy is in 1919 in Engeland gedoop. Sy lewensverhaal het in Die Wagtoring van 1 Januarie 1990 verskyn. Broer Skinner was waarlik ’n man van geloof en volharding in sy wedloop tot die einde toe, en hy het gewis sy beloning ontvang.—2 Timotheüs 4:7, 8.