Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 10/1 bl. 6-7
  • ’n Nuwe wêreld is ophande!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Nuwe wêreld is ophande!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Openbaring 21:4 – “God sal al die trane van hulle oë afvee”
    Verduidelikings van Bybelverse
  • Binnekort ’n wêreld sonder oorlog
    Ontwaak!—1996
  • Die Laaste dae—Wat dan?
    Ontwaak!—2008
  • “Kyk, Ek maak alles nuut”
    “Kyk, Ek maak alles nuut”
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 10/1 bl. 6-7

’n Nuwe wêreld is ophande!

DAAR is volop voorstelle oor hoe om die wêreld se probleme op te los. Oor die algemeen vereis hulle dat mense besorg moet wees en moet saamwerk, en dat daar ook ’n monumentale gekoördineerde poging deur alle nasies in die wêreld moet wees. Mense dink dat namate toestande vererger die behoefte vir wedersydse bewaring die nasies sal dwing om hulle prioriteite te herevalueer en saam te werk om ’n nuwe en houbare wêreld te vorm. Daar word in die vooruitsig gestel dat verdedigingsbegrotings drasties besnoei sal word sodat hulpbronne gebruik kan word om iets te doen aan bedreigings vir die omgewing en dat, soos State of the World 1990 sê, “regerings eerder sal staatmaak op ’n uitgebreide en versterkte VV-vredesmag, een wat die mag en gesag sal hê om enige lidland teen ’n aanvaller te beskerm, as om hulle eie groot verdedigingsmagte te moet onderhou”.

Maar sulke planne skiet ver te kort om die toestande teweeg te bring wat op ons eerste bladsye genoem is. Blote mensestrategieë kan beslis nie die mens se sondigheid en hebsug genees nie; hulle ruim nie vooroordeel en etniese onmin uit die weg nie; hulle verwek nie onselfsugtige liefde onder mense nie; hulle kan ook nie die einde van siekte en die dood waarborg nie. Daar word geen doeltreffende oplossing vir misdaad gebied nie, en hulle maak ook geen melding van hoe godsdiensverskille en -haat oorkom kan word nie. Hulle kan nie eers begin om natuurrampe te voorkom nie. Nasionalisme, met sy potensiaal om probleme te veroorsaak, word toegelaat om te bly bestaan. Ons moet dus ongelukkig tot die slotsom kom dat mense nie met ’n praktiese oplossing vorendag kon kom nie.

Tog is daar ’n oplossing! Ja, al hierdie dinge waarna mense smag, is belowe, en die belofte kom van die God “wat nie kan lieg nie” (Titus 1:2). Hy weet presies wat gedoen moet word, en hy het die wysheid, die mag en die vermoë om sy voorneme uit te voer.—Openbaring 7:12; 19:1.

God belowe: “Nog ’n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie. Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.”—Psalm 37:10, 11.

Hoe sal dit bewerkstellig word? Jesaja 11:9 antwoord: “Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek.” Ja, die hele mensdom sal in “die kennis van die HERE” opgelei wees, en enigiemand wat weier om daarmee saam te gaan, sal nie toegelaat word om voort te bestaan en die vrede van ander te versteur nie. Ons pragtige aarde sal nie langer verderf word nie.

“Aanskou die dade van die HERE . . . wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde”, belowe Psalm 46:9, 10. (Sien ook Miga 4:3, 4.) Om wêreldwye vrede te bewerkstellig, is dit belangrik dat nasionalistiese verskille beëindig word. Samewerking word gewaarborg omdat daar slegs een regering oor die aarde sal bestaan—God s’n. En sy regering is ’n Koninkryk “wat in ewigheid nie vernietig sal word nie” (Daniël 2:44). Daarbenewens is die Koning daarvan die verrese, onsterflike Jesus Christus, wie se heerskappy deur middel van geregtigheid en reg sal wees.—Jesaja 9:5, 6; 32:1.

Maar sal dit bederf word deur die mens se aangebore onvolmaaktheid en geskend word deur voortdurende pyn, siekte en die dood? Nee, want hierdie dinge sal ook tot die verlede behoort. Openbaring 21:4 verseker ons: “En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.” Erfsonde sal op grond van Jesus se losprysoffer vergewe word, en die mensdom sal weer volmaak word (Romeine 6:23; Efesiërs 1:7). En wie kan natuurkragte beter beheer en keer dat hulle die mens skade berokken as hulle Skepper?—Psalm 148:5-8; Jesaja 30:30.

God sal dinge bewerkstellig waarvoor die mens net kan hoop en waaroor hy kan droom. Maar wanneer? Bybelprofesie toon dat die veranderinge sal plaasvind wanneer nasies “vertoornd” is en wanneer die mens “die aarde . . . verderf” (Openbaring 11:18). Die laaste dae van die ou wêreld sal gekenmerk word deur “swaar tye”—wat die verslegtende toestande veroorsaak wat ons nou rondom ons sien (2 Timotheüs 3:1-5, 13). En Jesus het voorspel dat die geslag wat sulke dinge sien die geslag sal wees wat die vervulling van God se beloftes sal sien.—Mattheüs 24:3-14, 32-34.

Sit tyd opsy en slaan hierdie beloftes na wat in die Bybel opgeteken is. Want oor hierdie punt stem deskundiges en God saam: Dit is nou die tyd vir ’n nuwe wêreld!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel